Gogga die fiets Koerier
Gideon de Swardt het ‘n paar uur vry gehad terwyl hulle sy bedrading aan sy fiets uit “gesort” het.
Hy het dit goed gedink om my te ontmoet en gou sy verhaal te vertel in ‘n “coffee shop” waar hy baie oggende sy eerste koppie koffie geniet.
Ek het Gogga ontmoet tydens ‘n George sakekamer funksie ‘n paar weke gelede. Dit was naby Herolds baai heel afgeleë en ver van George. Hy het die aand per fiets daarnatoe gegaan en was dus baie trots op sy beligting, sy nuwe spotlight.
Jy sien, Gogga oftewel Gideon is ‘n fiets koerier en is nou al twee jaar daarmee besig. In die tyd het hy al ‘n soort van “celebrity” geword en baie mense het hom met sy fiets en waentjie gesien.
Hy is in George gebore en het hier groot geword, hy is 33 jaar oud en het ‘n sussie wat getroud is met twee kinders en hulle woon in Upington.
Sy pa is so ses jaar gelede oorlede en soos ek kan aflei het dit ‘n groot uitwerking gehad op sy lewe. Hy was vir lank doelloos en het maar hier en daar gewerk. Sonder matriek het hy nie maklik werk gevind nie.
As gevolg van sy sig gebrek kon hy nie maklik werk kry nie en is hy ook nie lank in diens gewees nie. Tot dusver het hy al menigte oog laser operasies gehad en kan sy sig helaas nie verbeter word nie.
Op ‘n dag het hy iemand uitgehelp op ‘n resies fiets om iets te gaan aflaai en so het dit begin. Met ‘n denim sakkie oor die skouer en ‘n geleende fiets het hy begin, gelukkig het hy altyd baie daarvan gehou om fiets te ry en doen dit van kleins af. Vra maar om sy bobene te sien wat hy met graagte aan jou wys.
Hy het van plek tot plek geloop opsoek na aflewerings kontrakte en so mense ontmoet wat hom raad gegee het en ook gehelp het om sy besigheid aan die gang te kry.
Hy is van die een fiets na die ander en van die denim sak na ‘n rugsak en toe ‘n boks en nou het hy ‘n volledige waentjie wat hy sleep. Die is onlangs heeltemal oor gedoen in aluminium wat veel ligter is as die ou square tubing wat hy lank rond gesleep het.
Die waentjie weeg ongeveer 15kg en hy kan tot 150kg daarin laai om af te lewer. Hy is baie dankbaar vir vele mense wat hom bygestaan het en dit nog steeds doen.
Die huidige waentjie het hy al een jaar en word tans toegerus met flikker ligte, briek ligte, ‘n relay en sekering boksie. Dit word gedoen deur Renier van J&D Spares in Pacaltsdorp Industial.
Dan het Shane van T&G Engineering, Deon van DJ Steelworks en ook LD Lighting in Knysna Weg om maar ‘n paar te noem hom ontsettend bygestaan in die verlede. Hulle is almal besigheid kontakte wat hy ontmoet het deur die George Sakekamer.
Hy het stil en besige dae, sy kontrakte is sy brood en botter. Graag sal hy meer aflewerings wil doen en is baie trots op sy goeie pryse. Die koste in die CBD is R40 en dan word dit pro rata duurder na die buite wyke. Soos Pacaltsdorp kos tot R50 en die Lughawe R100. Dan kos dit R180 plus indien daar verder weg afgelewer moet word.
Sy planne is groter as wat die meeste mense dink. Binne vyf jaar wil hy graag ‘n groot koerier diens bedryf met ten minste vyf bakkies. Intussen wil hy graag ‘n help my trap motortjie op die fiets sit om vinniger en verder te kan ry. Hy sal ook ‘n aanlyn applikasie wil ontwikkel wat mens in George kan gebruik om makliker met hom te kommunikeer en dus ‘n beter diens lewer.
Hy sien homself as ‘n gewone persoon en nie gestremd nie. Hy is hardwerkend en ‘n kanniedood, alhoewel die petrol prys opgaan waarborg hy die beste tarief in George. Hy kan maklik medisyne en dokumente vervoer oor die hele George gebied, maak met hom kontak.
Indien iemand van hom wil gebruik maak kan julle hom op die volgende nommer skakel, 082 795 5283, of stuur aan hom ‘n epos, gogga.spooky@gmail.com.