Voorgestelde Wetgewing vir Ontspannings 4×4
In 2005 het die Minister van Omgewingssake en Toerisme gevra dat die eienaars van 4×4 ontspannings roetes na `n beter gereguleerde en meer gelyke manier kyk om hul roetes te bestuur.
Eienaars van 4×4 roetes en bestuurders van 4×4 voertuie was meegedeel dat die Regering regulasies op die 4×4 industrie sal afdwing. Hierdie regulasies sal soortgelyk wees aan die regulasies wat ingestel is op die gebruik van 4×4 voertuie op strande, indien daar nie met pasbare voorstelle voorendag gekom word nie.
Op Maandag , 13 Junie 2011 is `n vergadering in Kaapstad gehou oor hierdie genoemde wetgewing. Dave Faddel van Honeybee Outeniqua Tours het dit bygewoon. ‘n Skokkende onthullings is gedurende hierdie vergadering gemaak, wat dan ook voor die Minister ter tafel gelê sal word vir goedkeuring op 4 Julie 2011. Die onthullings in hierdie dokument kan die 4×4 industrie heeltemal kelder. Daar is byvoorbeeld genoem dat 4×4 roetes geakrediteer moet word, wat beteken dat daar eers `n omgewingsstudie gedoen moet word. Hierdie proses sal eienaars van 4×4 roetes der duisende rande uit die sak jaag. Indien eienaars versuim om roetes te akrediteer kan ‘n boete van tot en met R 10 000 000.00 opgelê word. Daar word verder genoem dat selfs die 4×4 bestuurders geakkrediteer moet word voordat hulle op `n geakrediteerde roete mag ry.
Dave versoek dat daar dringend vergadering gehou word onder eienaars van 4×4 roetes en eienaars van 4×4 voertuie in die omgewing, om sodoende hulle insette en voorstelle te kry wat dan aan die Minister oorhandig sal word voor deurvoering van die wetgewing.
‘n Vergadering word beplan vir Saterdag, 25 Junie 2011 om 9h00, Honeybee Outeniqua Tours, Hopestraat 80, George, waarna daar om ongeveer 10h00 beweeg sal word na Klynefontein waar die vergadering voortgesit sal word. Alle eienaars van Veldmotorfietse, Vierwielmotorfietse, 4×2’s en 4×4’s word versoek om asseblief die vergadering by te woon.
Vir verdere inligting kontak Dave Faddel
Kontak besonderhede: 044 874 5369 / 082 923 0143
E-pos adres: honeybeeouteniqua@gmail.com