Vet pryse vir vet galjoene
Wintertyd is galjoentyd wanneer hierdie gesogte nasionale vis van Suid-Afrika blinkvet is en enige hengelaar se bloed laat vinniger pomp.
Die kusgebied langs die Tuinroete is bekend as die hinterland van die galjoene en dit is juis hierdie visse wat jaarliks die hengelaars van vet pryse kan verseker.
Die jaarlikse Galjoen Derby van Arms, Tackle & Outdoor World op George vind weer op 2 Augustus plaas, wanneer die beste toorgoed nader getrek gaan word om die blinklywe te jag.
Behalwe die goeie pryse, is daar ook ‘n groot aantal gelukkige trekkings wat tydens die inweeg gedoen gaan word en deelnemers van bonuspryse kan verseker.
Die gebied waar gehengel word is die hele kusstrook tussen Knysna en Mossselbaai.
Inskrywings kan by by Arms & Tackle, X-Treme Fishing en Sportscentre in George, JJ Marine en X-Treme Outdoors op Mosselbaai en Breezers op Knysna gedoen word. Meer inligting kan ook by die hoofborg verkry word.