Skipperskursus einde Junie
TUINROETE NUUS – ‘n Skipperskursus vir beide binne- en seewater (1 seemyl) is geskeduleer vir einde van Junie. Die datums is soos volg:
* Saterdag, 25 Junie, 08:00 – 14:00 (Teorie en prakties)
* Maandag, 27 Junie, 17:00 – 19:30 (Eksamen)
Voornemende kandidate kan vir Loftus Heunis skakel by 044-690 7969 (nu) of 072 765 3034 vir verdere besonderhede asook om die kursuspakket te bekom. Dit is belangrik om vroegtydig te registreer aangesien daar heelwat dokumentasie en voorstudie-werk is wat afgehandel moet word. ‘n Beperkte aantal kandidate sal aanvaar word moet dus nie uitstel nie. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag, 20 Junie om 18:00.
Die ervare Dawie Zwiegelaar het ook by die Anchors Away See-skool aangesluit en persone wat daarin belangstel om die lisensie vir die 15 seemyl (Kategorie C) te verkry is welkom om navraag te doen.
Seewaardigheidsklarings van bote
Booteienaars wat hulle vaartuie se jaarlikse seewaardigheidsklarings wil hernu, kan vir Loftus Heunis by een van die bostaande nommers kontak. Hy is nou deur die South African Maritime Safety Authority (SAMSA) as klaringsbeampte aangestel en eienaars kan verseker wees van deeglike, top-kwaliteit uitklarings.
Let daarop dat ‘n beëdigde afskrif van die vaartuig se “buoyancy” (dryfbaarheid) -sertifikaat ‘n voorvereiste is vir ‘n veiligheidsklaring.
Artikel: George Herald