Oewerstraat Se Feesligte gaan fantasties Wees!
Oewerstraat Se Feesligte Word Saterdagaand die 2de Desember 2023, Aangeskakel
Inwoners en diegene wat die ligte wil aanskou of ‘n bydrae wil maak, word aangemoedig om die volgende organisasies te ondersteun: Choc (Kinders Kankersorganisasie) en Kansa.
Op Saterdagaand, 2 Desember, gaan Oewerstraat in Denneoord sy beroemde Kersligte aangeskakel, wat sal voortduur tot 31 Desember.
Dit sal die volgende dag, 1 Januarie, afgehaal word. Die ligte sal elke aand skyn vanaf 19:00 tot 22:00, soos ver as beurtkrag dit toelaat.
Die ligte trek nasionale aandag en mense reis dikwels van naby en ver om die skouspel te aanskou.
Hierdie jaar sal ongeveer 35 huise met ligte versier wees.
Spanlede van die straat se ligtespan, Colett Rossouw, Carin Ogilvy, en Denise Human, het besef, na ‘n gesprek oor kanker, hoeveel inwoners in Oewerstraat met die siekte gediagnoseer is. Dit het die impak van kanker tuis gebring. Daarom beoog Oewerstraat om vanjaar ‘n verskil te maak.
Human, ondersteun deur Rossouw en Ogilvy, het gesê daar is besluit om die ligte vanjaar op te dra aan huidige kankervogters, oorwinnaars, en diegene wat hulle vlerke verdien het.
“Die bome sal in verskeie kleure versier word om verskeie soorte kanker uit te beeld. Daar sal ook plakkate op die hekke van inwoners in Oewerstraat wees wat oorwinnaars is en diegene wat nog veg, as deel van bewustmaking. Kanker ken geen grense nie en kan enige dag enige iemand, jonk of oud, ongeag van status of kleur, tref.
“Kom ons kom saam as ‘n gemeenskap gedurende hierdie feesseisoen,” het Human gesê.
Diegene wat die ligte wil aanskou of ‘n bydrae wil maak, word gevra om die volgende organisasies te ondersteun: Choc (Kinders Kankersorganisasie) en Kansa.
Paar Fotos wat in die Verleerde Vertoon was
“Kom deel in die ligte, vreugde, en liefde elke aand vanaf 2 Desember om 19:00 tot 22:00,” het Human gesê.
Vir meer inligting, kontak Denise Human by 071 191 4355.