Tonne en tonne aarbeie by die aarbeifees
Die jaar se aarbeifees was weer ʼn reuse sukses.
Die fees was propvol gebeurtenisse wat van jonk tot oud besig gehou het. Die stalletjies het gesorg dat daar ʼn ietsie van alles vir die wat bietjie “shopping” wou doen. Van tuis gemaakte kook, lekkergoed, en speelgoed vir die kinders, tot vars groente, leer goedere en ornamente om van te kuis en keer. En natuurlik was daar kos genoeg om enige iemand se grom maag stil te maak.
Die hoogtepunte was natuurlik die kunstenaars wat opgetree het.
Vrydag aan het Crash Car Burn weereens bewys hoekom hulle al so ver gekom het in die musiekbedryf, en hul punk rock style musiek was goed ontvang. Hulle het n paar ure by die fees spandeer en na hulle optrede het hulle het ook tyd gemaak om foto met die fans te neem en handtekeninge uit te gee.
Lollo’s se vertoning Saterdag het ʼn see vol kinders voor die verhoog gesien. Die jongspan was almal op hulle voete besig om saam te dans en sing, terwyl Lollo’s, Lettie, Minkie en Disco hulle vermaak het.
Die Trompoppies van Laerskool Brits se vertoning het ook baie mense getrek.
Die Aarbei Idols-kompetisie en Heinze Winkler se vertoning het natuurlik die fees op ʼn reuse noot afgesluit.
Heinz Winkler was die hoof beoordelaar van die sang kompetisie wat talent van ver getrek het om deel te neem. Die deelnemers was in verskeie afdelings geskei, wat volgens ouderdom opgestel was.
Die wenners was as volds:
Katagorie 1 – 6 to 9 jaar
* Wenner- Mia Jacobs
* 2de plek – Ivan Louw (net 6 jaar oud) wat met sy weergawe van Nkosi Sikelel’ volle bors in acapella, ʼn gehoor vol hoendervleis gehad het
Katagorie 2 – 10 tot 13 jaar
* Wenner – Jaté Bekker
* 2de plek – Zoë Griessel
* 3de plek – Danille Abel
Katagorie 3 – 14 tot 19 jaar
* Wenner – Siebert Venter
* 2de plek – Joné Schoeman
* 3de plek – Chennel Grimmer
Katagorie 4 – 20 jaar en ouer
* Wenner – Jandré Claasen
* 2de plek – Marco Barkhuizen
* 3de plek – Evert Swart
Jandré Classen het ook weggestap as algehele wenner.
Heinz het gedurende die finale rondes goeie advies vir die deelnemers gegee en ook vir hulle wysers gegee uit sy eie ondervinding in die musiek bedryf.
Terwyl die beoordelaars besig was om al die punte na die finale ronde by mekaar te tel, het Heinz Winkler die dames op hulle voete voor die verhoog gehad. Hy het ook na sy vertoning ook tyd gevat om met foto’s met mense te neem en sy handtekening te gee.
Daar ongeveer 220 kaste koeldrank, 3,200 pannekoeke, 353 hamburgers, 380 worsboertjies en 620 bakkies kerrie en rys verkoop.
1 100 bakkies aarbeikonfyt en 18 963 kg aarbeie was in total verkoop.
Die saam met die toegangs vooi het R360,000 ingebring. Na kostes betaal was, is ongeveer R230,000 wins gemaak vir NG Kerk Brits. Die geld sal gebruik word om baie van die kerk se kostes en gemeenskap projekte te dek.
Ds Pierre van Deventer, hooforganiseerder, toon sy dank aan Echo Berry Ventures en hulle personeel, veral Willem Biscop en Phillip Cox.
ʼn Groot bedanking gaan uit aan Ds Pierre self en ook aan Magda vir haar deel in al die reëlings.
Rina Bester, wat al die stalletjie gereël het, moet ook bedank word – as ook almal wat hard gewerk het om die fees ʼn sukses te maak.