Worcester-jukskeiklub wen goud
Die Worcester-jukskeiklub het die Kaapse Wynlandspan verteenwoordig tydens die jaarlikse nasionale B&C-jukskei-kampioenskap.
Dié vyfmanspan het goud gewen by die kompetisie, wat op Kroonstad gehou is.
Pieter Swart en Gerrie Scholtz het ook die dubbelspel gewen.
Gerrie Scholtz is ook in die SA Akademie-manspan (onder 50) ingesluit. Die span het ’n toets teen Namibië gespeel ná afloop van die toernooi.
Reën het egter die spel op die laaste dag in die wiele gery en die toets het gelykop geëindig.
Die spelers wil al hul borge wat dit moontlik gemaak het om aan die toernooi te gaan deelneem, hartlik bedank.
Source: Worcester Standard News
Comments