Suiwer sangvan skoolkore
Skoolkore van Worcester en omliggende dorpe het gehore tydens die Worcester Skole Musiekvereniging (WSMV) Koorfees op 26 en 27 Augustus betower met engelesang wat die gehoor in vervoering gelaat het.
Verwerkings van klassieke koorwerke van John Rutter tot saamsingliedjies soos die gewilde Die Lappop het gesorg vir behoorlike vermaak vir klein en groot.
Dit is veral die hoerskole wat vanjaar bei’ndruk het met hul innoverende uitvoerings van meer ingewikkelde stukke en slim verwerkings van bekende, moderne liedjies.
Worcester Sekondere Skoolkoor was die gasheer en het elk van die twee aande geopen. Hul suiwer sopraan- en warm altostemme is mooi ondersteun deur die ryk, dog ligte, tenore wat die toon aangegee het vir die res van die aand.
Hoerskool Breerivier het ook elke aand op ‘n hoe noot afgesluit met hul vertolking en verwerking van ‘n mashupvan liedjies, uit die gewilde musiekblyspel Pitch Perfect, en die gehoor bekoor.
Sowat 17 skoolkore het vanjaar aan die koorfees, wat al vir meer as 30 jaar aangebied word, deelgeneem.
Skole kon kore in enige van die voorgeskrewe afdelings soos kleuterkore, junior en senior of seuns- en meisiekore inskryf.
“Die doel van die koorfees is om leerders bloot te stel aan koormusiek. Ons hoop om in die toekoms ‘n musiekskool te open waar leerders van Worcester en omliggende dorpe koorsang en instrumente kan leer speel,” se Neville Wentzel, sekretaris van die WSMV.
Wentzel se die vereniging hoop dat meer skole volgende jaar aan die fees sal deelneem.
“Koorsang moet voortleef en aan die volgende generasies oorgedra word en watter beter manier is daar asom kinder te leer sing,” voeg Wentzel by.