Legends word rolmodele
Worcester se oudsokkersterre het onlangs ‘n klub van hul eie op die been gebring.
Die klub staan bekend as die Worcester Sokker Legendes en wat die klub uniek maak, is al diespelers isoueras 35jaar.
Die meeste van die spelers van die klub kom van die klubs View of Hope.. Double Foot Shooters, Manchester United, Eleven Experience., Perfecto Tigers en Glenview Aces.
“Ons het dit goed gedink om die afgelope naweek ons eerste vriendskaplike wedstryd te speel teen die legendes van Zwelethemba. Die spelers is beslis oud maar nog nie koud nie. Die manne van Worcester het die wedstryd met 7-3 gewen,” se Denovan Philips van Worcester Legendes.
“Die doel van die nuwe klub is om op te tree as rolmocelle vir jonger spelers en kinders wat in dwelm- en bendegeteisterde gebiede woon. Ons wil aan hulle wys dat ‘n mens kan uitstyg bojou omstandighede.”
Die amptelike bekendstelling van die klub is 24 September op Esselenparkstadion.
“Ons beplan ‘n dag waar junior en senior spanne teen mekaar kan deelneem. Ons het die legendespanne van De Dooms, Rawsonville, Robertson en Zwelethemba ook uitgenooi.”
Die klub beplan ook braaivleisverkope vir die dag en die geld wat daar ingesamel word sal gebruik word om toerusting aan te skaf.
Op 8 Oktober speel die span teen Robertson en op 14 Oktober speel hulle teen ‘n senior span van Brandvlei korrektiewe dienste.
Vir meer inligting, kontak Denovan Philips by 078 518 3941.
Source: Worcester Standard News