Skryf legendes in
Ken jy iemand wat ‘n baie groot verskil in sy gemeenskap en die mense van die Breedevallei gemaak het? Weet jy van iemand wat ‘n groot impak in die gebied gehad het? Dan is dit nou die tyd om die ore te spits.
Iemand word nie oornag ‘n legende nie – nee, daardie persoon moet werklik ‘n verskil gemaak het oor ‘n lang tyd.
Old Mutual wil mense wat ‘n impak op die lewe van mense in die Breedevallei gehad het, vereer en op die manier ook ander inwoners aanmoedig om hulle deel te doen om die gemeenskap te bou.
Daarom het Old Mutual die Breedevallei Legends-kompetisie van stapel gestuur.
In die kompetisie, waar ‘n wenner einae Oktober op luisterryke wyse aangekondig gaan word, gaan Worcester se grootste geeste vereer word.
Wat is die riglyne om potensiele legendes in die Breedevallei te nomineer?
• Die kandidaat moet in die gebied van die Breedevallei-munisipaliteit woon (Worcester, Rawsonville, De Dooms of Touwsrivier).
• Die persoon moet ‘n ekonomiese of maatskaplike invloec op die gemeenskap gehad het.
• Mensevan verskillende beroepeofsektore soos onderwys, sake, sport of landbou kan vir die toekenning genomineer word.
• Die kandidaat moet ouer as 50 wees.
• Skryf’n motivering van nie meeras 300woorde nieen verskafgenoeg inligting om cie keurkomiiee ‘n begrip te gee van die die kandidaat se bydrae.
• Stuur gerus ook briewe, biografiese inligting en/of inligting oor projekte of inisiatiewe om die motivering te staaf.
• Stuur nominasiesaan Elsophie Hill byjgpa@privatesec.co.za.
• Nominasies sluit 9 Oktober 2017.
• Die keurkomitee sal die finaliste 19 Oktober in die Standard aankondig.
‘n Galadineeterere van ons Breedevallei-legendes gaan Saterdag 28 Oktober van 18:30 by die Worcester-gholfklub gehou word. Dit gaan ‘n spoggeleentheid wees.
Die kaartjies kos R100 elk en is beskikbaar by Elsophie Hill van Old Mutual of Charlrica Julies by die Standard se ontvangs.
Alle geld wat ingesamel word, gaan aan die Breedevallei-kinderfonds geskenk word.
Kontak Elsophie Hill vir meer inligting deur ‘n e-pos te stuur na jgpa@privatesec.co.za, haar te bel by 023 348 7915, te faks by 086 581 6204, of besoek haar by Old Mutual, eerste vloer, Hoogstraat 64.
Source: Worcester Standard News