Water steeds veilig om te drink
Heersende droogtetoestande bring mee dat damvlakke tans op ongekende lae vlakke is.
Voortspruitend hieruit kry Drakenstein-munisipaliteit toenemend navrae van inwoners wat bekommerd is oor die kwaliteit van drinkwater wat deur die munisipaliteit voorsien word.
Die uitvoerende bestuurder: infrastruktuursdienste, Dirk Hattingh, het die publiek gerus gestel en gesê dat die munisipale drinkwater wat tans aan huishoudings voorsien word, steeds aan die hoogste wetlike standaarde voldoen en volkome veilig is vir menslike gebruik.
“Indien die kwaliteit van drinkwater sodanig verswak dat dit onveilig raak om te gebruik sal Drakenstein-munisipaliteit die waterkwaliteit tydig en duidelik aan elke inwoner kommunikeer.
Tans kan u egter voortgaan en munisipale water steeds met groot veiligheid gebruik.”
Vir enige verdere navrae in hierdie verband kan die publiek met die siviele ingenieurs-departement by 021 807 4715 skakel.
Source: Paarl Post