Tuin van Digters 2015
Venue: Breytenbachsentrum
Dates: 19/09/2015 to 20/09/2015
Times: 09:00
KUNSUITSTALLINGS:
ONTSTAAN VAN ’N OORLEDIGE SELF / FRAGMENTED EMERGENCE OF A LATE SELF
Hierdie vyftiental akrielwerk op doek is alles onlangse werke deur Breyten Breytenbach, en sal vir die eerste keer uitgestal word.
Opening: 18 September | 18:00 | Breytenbach Galery
RSVP by Anne-Ghrett Erasmus om die opening by te woon: galery@breytenbachsentrum.co.za
FILMVERSE
Artistieke regisseur: Diek Grobler
Vir die ATKV: Nita Cronjé
Die ATKV se Film verse, in samewerking met Diek Grobler, is ’n projek waar in ’n reeks kort animasie films geskep word wat geïnspireer is deur ’n keuse van 12 Afrikaanse gedigte. Elke animasie film word vergesel van ’n eie klankbaan waarop die gedig onder andere voorgelees word. Die eindproduk is ’n DVD van sowat 30 minute met die twaalf animasie films daarop wat tydens die Tuin van Digters deurlopend vertoon sal word. Dié vertonings word vergesel van ’n uitstalling van plakkate van elk van die twaalf animasie films. In aansluiting by die uitstalling, word ’n animasie-werkswinkel aangebied.
Kontak Diek Grobler by diek@fopspeen.co.za vir meer inligting.
19 September | 9:00 – 20:00 | 20 September | 9:00 – 17:00 | 30 min.
Konferensie-lokaal
SATERDAG 19 SEPTEMBER:
UIT OPPERMAN SE LABORATORIUM
Met Daniel Hugo, Joan Hambidge, André le Roux en Ronel de Goede
DJ Opperman se destydse Letterkundige Laboratorium het ‘n wesentlike invloed gehad op die Afrikaanse digkuns van latere generasies. Van die bekendste digters, skrywers en akademici wat hier hul menings gevorm en talente geslyp het, kom gesels oor Opperman as mentor en sy verbysterende bydrae tot ons letterkunde.
19 September | 9:30 | 60 min. | Vierkant
HOE LOOP DIE PAD NOU?
Met Breyten Breytenbach en Francis Galloway
Waar kom ons vandaan? Waar is ons nou? Waarnatoe is ons op pad? Wat laat mens agter as padkaarte, waarskuwings, valse hoop,
waarnemings en reisnotas?
19 September | 11:00 | 60 min. | Vierkant
BOKKIE SÊ MY REG
Met Pieter van der Westhuizen
Die stem agter bekende liedjies soos Sout Manne Sout en Wie se kjênd is jy?, sorg dat jy jou fees in die regte luim ervaar.
19 September | 12:15 | 45 min. | Vierkant
MENGELMOES DIGTERS
Ondersteun deur die ATKV en LW Hiemstra Trust
Met Diana Ferrus en studente
Die Breytenbach Sentrum bied jaarliks ’n poësie-skryfskool aan, onder leiding van Diana Ferrus. Hierdie groep opkomende digters kom lees van hul verse voor.
19 September | 13:15 | 30 min. | Vierkant
ONS KOM VANDAAN…
Ondersteun deur die NLDTF
Met Gaireyah Fredericks, Wayne Galant, Collinecea Hawker, Josua Meyer en Curtly Titus. Regie: Christine Truter
Meesleurend, opruiend, oproerig, versoenend, onthutsend en omhelsend. Die Breytenbach Sentrum se drama-groep, Kaleidoskoop,
bied ’n ondersoekende en ontroerende blik op die werk van bruin digters oor ses dekades heen – van PJ Philander en Adam Small, tot Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal en Jitsvinger. Die program word voorafgegaan deur ’n kort spreekkoor-optrede van die sentrum se hoërskool-dramagroep.
19 September | 14:00 | 45 min. | Vierkant
WOELAG
Met Hakkiesdraad Hartman
Hakkiesdraad Hartman is een van die voorste en veelsydigste rymkletsers in Afrikaans. Dié boorling van George sal jou laat hop van die lekkerkry.
19 September | 15:00 | 30 min. | Vierkant
DUBBELDOOR TALENT
Met Sisca Julius en Diana Ferrus
Sisca Julius, ’n oudleerling van die Hoërskool Noord-Kaap en Pukstudent, is onlangs aangewys as die nasionale wenner in beide die prosa- en poësie-afdelings van die Poort-skryfkompetisie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Wat hierdie prestasie nóg indrukwekkender maak, is dat dit die eerste keer in 45 jaar is wat ’n leerling beide pryse wen. Kom luister hoe hierdie belangrike nuwe stem gesels oor haar werk en daaruit voorlees.
19 September | 15:45 | 45 min. | Vierkant
MOEDERLAND
Ondersteun deur die Nederlands Letterenfonds en Van Ewijck Stigting
Met Antjie Krog en Anne Vegter
Twee formidabele digters, twee vastelande. Anne Vegter beklee tans die amp as Dichter des Vaderlands – die eerste vroulike Nederlandse digter met dié eretitel. Antjie Krog, veelbekroonde digter en skrywerjoernalis, is onlangs weer bekroon vir haar nuutste bundel verse, Medewete. Hulle gesels oor hul onderskeie digwerk en lees van hul nuutste werke voor.
19 September | 17:00 | 60 min. | Vierkant
TRIBAL ECHO
Met Frazer Barry (hoofsanger), Sandy Gertse (sanger), Earl Witbooi (baskitaar), Deniel Barry (tromme) en Este Visser (viool en klawerbord)
Tribal Echo met hulle vars musikale styl wat hul Klip Kop Rock noem, is een van die energiekste musiekgroepe in die land. Maak jou reg vir ’n ding of twee – veral as jy hulle nóg nie beleef het nie.
19 September | 18:30 | 60 min. | Vierkant
DIGTERS WAT DJ
Met o.a. Danie Marais, Alfred Schaffer, Charl-Pierre Naudé, Erns Grundling, Loftus Marais en Toast Coetzer
Kom rock en rym saam met digters wat die liedjies speel wat hulle gedigte inspireer. Die afterpaartie word goed aan die gang gesit met die befaamde Unhappy Hour DJ’s.
19 September | 20:00 | 90 min. | Vierkant
SONDAG 20 SEPTEMBER:
MM WALTERS – DIE MAN WAT GLIMLAG MET ‘N MES ONDER DIE JAS
Met Johann Nel, Daniel Hugo en Gunther Pakendorf
“Die ou Romeine het hul Juvenalis gehad; die Afrikaanse letterkunde het as teenhanger die satirikus M.M. Walters,” het Zandra Bezuidenhout op ’n keer opgemerk oor hierdie merkwaardige woordman wie se spore ook diep getrap is in Wellington. Ons bring graag hulde aan hierdie hoë boom in die Afrikaanse digterstuin.
20 September | 10:00 | 60 min. | Vierkant
TT CLOETE
Met Joan Hambidge en andere
“Cloete se impak op die Afrikaanse digkuns was en is groot. Hy het die kontoere van die digkuns verander, soos Breytenbach en Stockenström voor hom,” skryf Joan Hambidge oor Theunis Theodorus (TT) Cloete. Ons salueer graag hierdie groot digter, wat op 29 Julie 2015 sterf, vir sy lewensbydrae.
20 September | 11:30 | 60 min. | Vierkant
LIZE BEEKMAN
Die immergewilde Lize Beekman sing enkele geliefde toonsettings van onder meer Petra Müller, Elisabeth Eybers en Breyten Breytenbach.
20 September | 12:35 | 25 min. | Vierkant
BEWOON DEUR IETS GROTERS
Moontlik gemaak deur die Vlaamse regering
Met Charles Ducal en Alfred Schaffer
Charles Ducal is die skrywersnaam van die Vlaamse digter, Frans Dumortier, wat in 2014 aangewys is as die eerste Belgische Dichter des Vaderlands. Later vanjaar verskyn Bewoond door iets groters-Au-delà de la frontière-Bewohnt von etwas Gröszerem, ’n versameling van gedigte, en prosatekste. Ducal gesels oor sy bekroonde loopbaan as digter.
20 September | 13:00 | 60 min. | Vierkant
EYBERS – NOOIT VOLPRESE
Mediavennoot: RSG
Samestelling: Margot Luyt
Met o.a. Anna-Mart van der Merwe, Frieda van den Heever en Lou-Ann Stone
Kom luister na van die mooiste verse van Elisabeth Eybers. Hierdie drie topkunstenaars reis deur Eybers se lewe van die werk wat sy as tiener geskryf het tot werk wat sy op die ouderdom van 90 gepubliseer het. Hierdie skugter vrou was die eerste Afrikaanse vrouedigter om ’n digbundel te publiseer, die eerste vrou om die Hertzogprys te wen en die eerste vrouedigter wat vrouekwessies in haar werk toegelig het.
20 September | 14:30 | 60 min. | Vierkant
TAAL TANGO
Met Zanne Stapelberg, Elna van der Merwe, Niël Rademan en Stanislav Angelov
Hierdie vierstuk musici vervleg kontemporêre en klassieke musiek met die nodige integriteit. Tangotaal is ’n produksie met verruklike Afrikaanse, Europese en Suid-Amerikaanse tangomusiek. Waarvoor wag jy? Kom tango saam. Olé!
20 September | 17:00 | 60 min. | Goodnow-saal
ALGEMEEN
EEN STOP
Alle vertonings, behalwe as dit andersins aangedui word, sal in die tent in die vierkant van die Breytenbach Sentrum aangebied word. Dit stel besoekers in staat om te parkeer en alles rustig en geriefl ik op een plek te kan geniet, saam met seremoniemeester, Kabous Meiring.
Tydens die Tuin van Digters kan jy ook uitsien om die digters se bundels te koop, asook om in ons gesellige kuiertent – die eerste keer by die fees – van ons streek se voorste wyne en kosse te geniet.
WELLINGTON TOERISME
Skakel met die Wellington Toerisme-kantoor by info@wellington.co.za om jou te help met jou verblyfbesprekings en ander inligting oor ons dorp en omgewing te bekom.
KAARTJIEPRYSE
Naweekpakket: R300
Toegang vir 19 September: R200
Toegang vir 20 September: R150
BESPREKINGS
Bespreek jou kaartjies per e-pos by Jeanne-Mari Gerber: besprekings@breytenbachsentrum.co.za
VERDERE NAVRAE
Breytenbach Sentrum, Burgerstraat 14 (h/v Burger en Malherbe), Wellington.
Skakel ons by 021-8732786 of per e-pos na info@breytenbachsentrum.co.za.
Volg ons op Facebook, Twitter en hou ons webwerf, www.breytenbachsentrum.co.za, dop vir die nuutste inligting oor die Tuin van Digters 2014.
DIE TUIN VAN DIGTERS WORD MOONTLIK GEMAAK DEUR
ATKV, Het Jan Marais Nationale Fonds, LW Hiemstra Trust, Naspers, Nederlands Letterenfonds, NLDTF (Nasionale Lotery), Die verteenwoordiging van die Vlaamse Regering in Suid-Afrika, Van Ewijck Stigting en Distell-stigting.
Die program is onderhewig aan veranderinge wat hier op ons webwerf aangebring sal word.
Pricing & Booking Information
Naweekpakket: R300
Toegang vir 19 September: R200
Toegang vir 20 September: R150
Venue Details & Map
Breytenbachsentrum
Physical Address: C/O Burger & Malherbe StreetWellington
Telephone: +27(0)218732786 Email: info@breytenbachsentrum.co.zA Directions: From the N1 from Cape Town take exit 47 for R44 toward Stellenbosch / R101 / Klapmuts / Wellington. Turn left onto R44 and travel for 22,8 km. Turn left onto Stokery Rd/R44 and drive 1,5 km. Turn right onto Hoofweg. Drive 1,4 km then turn left onto Malherbe. Take the 2nd left onto Burger Street. Destination will be on the right Latitude: -33.639477 Longitude: 19.004728