Sterrekykpiekniek by die Afrikaanse Taalmonument
Venue: Taalmonument
Dates: 10/03/2018 to 10/03/2018
Times: 18:00
Die Sterre doen Nagskof by die Taalmonument
Meeste mense hou dalk nie daarvan om nagskof te werk nie, maar gelukkig voel die sterre anders. En daarom kan die Afrikaanse Taalmonument se immergewilde sterrekykpiekniek weer op 11 November 2017 afskop met ‘n feestelike aand in ‘n beeldskone omgewing. Besoekers kan die sterrehemel verken met behulp van Orion Observasie Groep (OOG) se lede wat graag hul kennis en teleskope deel. Boonop is ‘n pragtige sonsondergang en ‘n gratis begeleide toer van die ikoniese beeldhouwerk ingesluit én is die aand ten bate van ‘n geletterdheidsprojek.
Dié pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners en oorsese besoekers, wat veral die pragtige naguitsig van die vallei geniet. Die tema is ‘Die Sterre doen Nagskof’ en die piekniek begin om 18:00. Die begeleide toer van die monument is om 18:30 en besoekers kan van 20:00 tot 22:30 deur die teleskope na die sterre kyk. Die piekniekreeks word aangebied ten bate van ‘Laat ons Lees!’, die Taalmuseum se voorleesprojek vir kinders. Piekniekgangers word aangemoedig om ‘n nuwe of tweedehandse kinderboek saam te bring ter ondersteuning van dié projek.
Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjies saam te bring of een (teen R300 vir twee persone, of R400 met ‘n mandjie ingesluit) by Volksmond Koffiewinkel te bestel (021 863 2800). Volksmond sal ook oop wees vir koffie en ligte verversings. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Onthou asseblief verkykers en warm klere.
Die toegangsprys is R40 per volwassene en R10 per kind; kaartjies is vooraf by Computicket of die hek beskikbaar, maar bespreking (021 863 0543/4809) is noodsaaklik sodat daar vir genoeg teleskope voorsiening gemaak kan word. Sterrekykpieknieks sal helaas gekanselleer word indien die weer sleg is. Skakel 072 181 6744 vir weernavrae. Vir meer inligting oor geleenthede by die Taalmonument, skakel 021 863 0543/4809, besoek www.taalmonument.co.za of volg ons op Facebook. Die volgende Sterrekykpieknieks vind op 16 Desember (‘Hemelruim Versoening’), 13 Januarie 2018, 10 Februarie en 10 Maart plaas.
Pricing & Booking Information
R40 vir volwassenes en R10 vir kinders. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of by die hek, maar bespreking is noodsaaklik, sodat daar vir genoeg teleskope voorsiening gemaak kan word.
Bespreek by tel. 021 863 0543/4809 of 072 181 6744 (ook vir weernavrae).
Sterrekykpieknieks sal gekanselleer word indien die weer sleg is.
Venue Details & Map
Taalmonument
Physical Address: Gabbema DoordriftstraatPaarlberg
Paarl
Telephone: +27(0)218723441 Email: admin@taalmuseum.co.za Website: http://www.taalmuseum.co.za/ Directions: Neem die nommer 55 afrit van die N1 af na Hoofweg – Paarl. Draai links in Hoofweg. Bly op Hoofweg (Paarl) vir ongeveer ongeveer 500m en draai links in Flambeaustr. (die eerste straat aan u linkerkant) op. Volg die bruin aanwysingsbordjies tot by Gabbema Doordriftstraat wat lei na die Taalmonument bo-op Paarlberg. Latitude: -33.766304927206974 Longitude: 18.94369125366211