Ray Dylan by Die Bôrdienghuis
Venue: Die Bôrdienghuis
Dates: 20/12/2013 to 20/12/2013
Times: 20:00
Ray Dylan se talentlorrie het g’n brieke nie, want sy hart klop warm: wéér met kontreimusiek. Op sy jongste album vir Select-Musiek – Harte van goud – roer hy die hartsnare met passievolle vertolkings en hy wikkel die litte met rockgedrewe countrykitaarklanke.
En die treffers hierop is allemintig groot: onder meer, naas die tintelende titelsnit, ook die polsende ‘Seblief en die jolige rock-‘n-roll-genieting Bloedrooi deur.
Dié album ontgin veral Ray se dieper kant en ‘n gepaardgaande rustige volwassenheid.
Ray en die Select-skrywerspan – Don Kelly, Marc Brendon en Niel Schoombee, met insette deur Sarah Theron en die Soek-die-sanger-wenner Pierre Rossouw) – bied hiermee ‘n album wat gekenmerk word aan oorspronklike, nuutgeskrewe komposisies.
In pure countrystyl nooi die liedjietemas die luisteraar om aandagtig te luister en die byblymeloldieë verseker wydreikende trefkrag.
Tussen die aangrypende werk is die hartstogkomposisie Cleopatra en die kaskanet-gedrewe Senorita. Die snitte Dan Voel ek hoe Loop die Traan en Trane van Liefde is die toonvenster van vokale vaardigheid en vertolkingstegniek.
Dit is dus ‘n treffer!
Pricing & Booking Information
Ingang kos R100 per persoon, heerlike kos word vanaf 19:00 bedien uit die splinternuwe kombuis en ‘n kontantkroeg is beskikbaar.
Bespreek nou by 0716723090 of 0835704765
Venue Details & Map
Die Bôrdienghuis
Physical Address: C/O Burger & Malherbe StreetWellington
Telephone: +27(0)716723090 Mobile No.: +27(0)835704765 Email: teater@breytenbachsentrum.co.za Directions: Take the N1 from Cape Town towards Paarl. Take exit 47 for R44 toward Stellenbosch /R101/Klapmuts/Wellington. Turn left onto R44. Turn left to stay on R44. Turn right onto Hoofweg. Turn left onto Malherbe Street. Take the 2nd left onto Burger Street. Destination will be on the right. Latitude: -33.639899 Longitude: 19.004609