Louis Nel, Thabang Sheela en Claudia Strauss
Venue: Goodnow-Saal
Dates: 29/05/2016 to 29/05/2016
Times: 18:00
Louis Nel, ’n Graad 9-leerling aan die St Alban’s Kollege in Pretoria, is een van die jongste en belowendste pianiste – en is onlangs aangewys as die wenner van die Hennie Joubert Nasionale Klavierkompetisie. Hy speel in dié uitvoering Bach (Prelude en Fuga XXIV in b mineur Boek 2), Liszt (Gnomenreigen) Beethoven (Sonate Op 31 No 3 – Allegro, Scherzo, Menuetto, Presto con fuoco), Granados (Quelas ó la Maja y el Ruisunõr) en Czerny (Sonate Op 7 Prestissimo Agitato).
Ná ’n kort pouse sal Claudia Strauss en Thabang Sheela ’n program lewer wat bestaan uit onder meer Schubert (An die Musik), Richard Strauss (Zueignung) Gounod (Valentins Gebet), Bizet (March of the Torreador), Mozart (Aprite un po’ quegl’occhi) Weiss (Can’t help falling in love), Gershwin (I got plenty of nuttin’), asook Verdi se Preghiera uit Nabucco en Largo deur Handel.
Claudia Strauss studeer aan die Universiteit van die Vrystaat onder leiding van Nettie Immelman en by die Universiteit van Kaapstad by Lamar Crowson. Sy wen in 1978 ’n beurs om aan die Royal Academy of Music in Londen te studeer. Nadat sy na Suid-Afrika terugkeer, gee Claudia klas aan die Pretoria Tegniese en later die Crawford Kollege en is betrokke as nasiener en begeleier vir UNISA. Sy doen verskeie opnames vir die SAUK en tree op in konserte in Suid-Afrika en in die buiteland.
Pricing & Booking Information
R60
Pensionarisse betaal slegs R40 per kaartjie
Venue Details & Map
Goodnow-Saal
Physical Address: Jan van Riebeeck StreetWellington
Telephone: +27(0)21-8732786 Email: besprekings@breytenbachsentrum.co.za Directions: Take the N1 towards Paarl. Take exit 47 for R44 towards Stellenbosch/R101/Klapmuts/Wellington. Turn left onto R44. Continue onto Champagne Street. Turn right onto Piet Retief Street. Continue onto Jan Van Riebeeck Drive. Latitude: -33.638765 Longitude: 19.004614