Klassieke Musiekreeks Janelle Visagie en José Dias
Venue: Goodnow-Saal
Dates: 08/11/2015 to 08/11/2015
Times: 18:00
Pionier: die Liedkuns van S. le Roux Marais, is ’n biografiese liederuitvoering wat die gehoor saam neem op ’n reis deur Stephanus le Roux Marais (1896-1979) se lewe en liedere.
Die program word uitgevoer in dialoog met die gehoor en sluit in liedere soos Heimwee, Mali die Slaaf se Lied, Rooidag, Kom dans Klaradyn, Oktobermaand, Sluimer Beminde, Geboorte van die Lente en vele meer.
Marais het ’n groot deel van sy leeftyd in Graaff-Reinet deurgebring waar hy musiekonderring gegee, gekomponeer en in sy vrye tyd geskilder het. Die ryk korpus van sy liedere op gedigte van verskeie van die belangrikste Afrikaanse skrywers van die tyd, was die eerste sterk poging om die Afrikaanse taal in die internasionale kunsmusiek-konteks te plaas en daardeur ook wye erkenning te verdien. Hy word beskou as “die Afrikaanse Schubert”.
Pricing & Booking Information
R50
Pensionarisse betaal slegs R30 per kaartjie
Dosente en studente van Cape Peninsula University of Technology (CPUT) kry gratis toegang met bewys van ’n geldige studente- of personeelkaart
Venue Details & Map
Goodnow-Saal
Physical Address: Jan van Riebeeck StreetWellington
Telephone: +27(0)21-8732786 Email: besprekings@breytenbachsentrum.co.za Directions: Take the N1 towards Paarl. Take exit 47 for R44 towards Stellenbosch/R101/Klapmuts/Wellington. Turn left onto R44. Continue onto Champagne Street. Turn right onto Piet Retief Street. Continue onto Jan Van Riebeeck Drive. Latitude: -33.638765 Longitude: 19.004614