Die Onwaarskynlike verhaal van Miko
Venue: Ou Meul Teater
Dates: 27/08/2016 to 27/08/2016
Times: 10:00
Vyf onlangs afgestudeerde Stellenbosch drama studente besluit om al hulle kragte in te span en klein Miko se verhaal te vertel. Met hulle onderskeie Honneurs grade in onder andere poppeteater, kabaret en toneelspel, skryf hulle ‘n hedendaagse komiese drama wat perfek gepas is vir die Suid-Afrikaanse feestetoneel. Met ‘n stel en karikatuuragtige poppe wat uit bokse en plastiek bestaan, toor hulle ‘n wêreld op wat feesgangers, beide oud en jonk, se asems gaan wegslaan. Verbeel jou jy kyk na ‘n film soos ‘Nightmare Before Christmas’ in lewende lywe voor jou op ‘n verhoog – dit is die onwaarskynlike verhaal van Miko.
Miko, die kind gebore sonder ʼn pinkie, verdwyn spoorloos uit die hospitaal oomblikke na sy geboorte. Die verhaal volg sy lewe nadat hy in mevrou molle, die armste dame in die straat, se potplant gevind word. Hy ontmoet eendag vir Zimon (Zef en Zinovia se oorgewig seun). Zef en Zinovia sweer Zimon die dood voor die oë as hy ooit weer die “kind wat daar onder” probeer kontak. Eendag los sy ouers Zimon stoksielaleen. Zimon ontsnap en gaan vind vir Miko. Na die hele dorp die kinders soek, vind Aaron hulle in ʼn boom en maak hy ʼn onverwagse ontdekking.
Pricing & Booking Information
R50
Venue Details & Map
Ou Meul Teater
Physical Address: Meul StreetPaarl
Telephone: +27(0)82 464 2883 Mobile No.: +27(0)82 464 2883 Email: michelle@oumeulteater.co.za Website: http://www.oumeulteater.co.za Directions: As jy op die N1 ry van die Kaap se kant af, neem jy die R45 afdraai links. In die Hoofstraat draai jy weer links. Hou reguit aan met die Hoofstraat tot jy vir MacDonalds sien, 1ste straat na McD’s neem jy links, dit is Meulstraat. Ons is dan net na die 2de stop straat, aan jou linkerkant. Latitude: -33.730942701367624 Longitude: 18.957724571228027