AHi Nuusbrief Dec 2014: Kommer oor die land se ekonomie!
Die AHi het onlangs by Umhlanga langs die Noordkus in KwaZulu-Natal sy jaarlikse kongres gehad. Die besprekings oor die twee dae was opbouend en baie positief.
Hierdie organisasie deel die bekommernis van baie sakelui oordie huidige ekonomiese stand in die land:
- Die drie-dubbele uitdaging van werkloosheid, armoede en ongelykheid moet aandag kry en dit is nie net die verantwoordelikheid van die regering nie.
- Daar is ‘n tekort op die handelsrekening van die land se betalingsbalans, owerheidspandering is te hoog en dieskuldlas van die gewone Suid Afrikaner is onrusbarend hoog.
- Ons kan ook nie ‘n verdere afwaartse aanpassing in die land se kredietgradering bekostig nie.
- Tog het die AHi deur sy korporatiewe en sakelede, sowel as die sakekamernetwerk, beslis die strukture om hierdie potensiaal te laat ontluik.
Dit is nou ongeveer drie jaar dat die Nasionale Ontwikkelingsplan deur ‘n verskeidenheid van sakeleiers en deur die fasiliteringsrol van mnr. Trevor Manuel gestalte gekry het.
Na redelik baie debatvoering oor die voor- en nadele van hierdie plan oor die afgelope drie
jaar, is daar nou konsensus by die meerderheid sakelui dat ons eintlik nie ‘n ander keuse het as om hierdie plan te laat werk nie. Een ding wat egter soos ‘n paal bo water staan is dat ons nou klaar “beplan” het en dat ons nou dringend moet begin “implementeer”.
Op die pas afgelope AHi-kongres in Umhlanga was twee ministers ook teenwoordig, naamlik, mnr Pravin Gordhan, verantwoordelik vir plaaslike regeringsake, en me Lindiwe Zulu, die nuwe minister vir Kleinsake.
Dit is dan juis op hierdie twee gebiede waar ‘n organisasie soos die AHi se relevansie onteenseglik
bewys kan word.
Om die volle Nuusbrief te lees, laai hier af: https://showme.co.za/vaal/files/2014/12/AHi-Nuusbrief-November-2014.pdf