Jennifer Zamudio verteenwoordig Internationaal !!!
Die gewilde Afrikaanse sangeres Jennifer Zamudio, is verlede jaar gekontak deur die Hoof Uitvoerende Beampte van die SuperXtar Internasionale sangkompetisie. George Ruiz het versoek dat Jennifer die musiekvideo van haar nuutste nommer 1 treffer “Sê dit harder” sal inskryf vir hulle aanlyn internasionale kompetisie vir beoordeling deur ‘n wêreldwye gehoor. Die liedjie wat vir Jennifer geskryf is deur Rudi Claase het op verskeie radio stasies se treffer parades die No.1 posisie gehaal.
Jennifer het op 9 Desember 2015 haar weeklikse rondte gewen en gistraand 14 Januarie 2016 het sy die maandelikse rondte van die kompetisie loshande gewen! Die finale telling was 2751 vir Jennifer en 2127 vir Morgan Galavan van Los Angeles VSA. Jennifer se uitstekende “stem veldtog” en met die hulp van sosiale media, TV, radio stasies, duisende getroue ondersteuners, familie en vriende, het sy die knoop deurgehaak. Dit het beslis verseker dat Jennifer gewen het.
Jennifer is nou een van 12 finaliste van regoor die wêreld wat in Oktobermaand Nashville toe gevlieg word om daar in die finale rondte te gaan deelneem, wat ook gebasseer sal wees op ‘n aanlyn stemproses tussen 19-26 Oktober 2016. Sy is tot dusver die eerste en enigste Suid Afrikaanse kunstenaar wat deel is van die groep finaliste. Ander kunstenaars wat ook ingeskryf het was onder andere Karlien v Jaarsveld en Lianie May. Wat dit nog meer spesiaal maak is die feit dat sy in Afrikaans gaan sing.
Suid Afrikaners kan inderdaad trots wees op ons sangeres en vir haar styf duimvas hou vir die finale rondte. Jennifer het ons stem nodig. Jy kan vir haar stem tussen 19-26 Oktober by www.superxtar.com