AHi – Vanderbijlpark Sakekamer, persverklaring – Eskom Tarief Verhogings
Eskom se versoek aan die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) vir ’n bykomende 12,6% styging in die prys van elektrisiteit hou enorme implikasies in vir die Suid-Afrikaanse sakesektor en verbruiker. Indien die aansoek suksesvol is, sal dit elektrisiteitstariewe met ‘n totaal van 25,3% opstoot. Munsipaliteite se tariefverhogings gaan verder daartoe bydra dat ‘n reeds sukkelende kleinsakesektor onder verdere druk gaan kom.
Die AHi versoek daarom al sy lede om Nersa se publieke verhore by te woon en omvattende voorleggings voor te lê om dit teen te staan gegewe die negatiewe impak daarvan op hul besighede.
Eskom se verweer dat die voorgestelde verhogings nodig is om die hoër bedryfskoste van hul oop-siklus gasturbines te dek en om te betaal vir krag wat deur onafhanklike produsente verskaf word, moet onder die vergrootglas geplaas word om eerstens besnoeings ten opsigte van bedryfsuitgawes en personeel op alle vlakke by Eskom te weeg te bring.
Suid-Afrika se ekonomie is reeds onder groot druk en buitensporige tariefverhogngs gaan investering ontmoedig, grootskaalse sluiting van besighede tot gevolg het en tot werkloosheid lei.
Saamgestel deur:
Christo van der Rheede
Uitvoerende Hoof
AHi (Afrikaanse Handels Instituut)
Detect languageAfrikaansAlbanianArabicArmenianAzerbaijaniBasqueBengaliBelarusianBulgarianCatalanChinese (Simp)Chinese (Trad)CroatianCzechDanishDutchEnglishEsperantoEstonianFilipinoFinnishFrenchGalicianGeorgianGermanGreekGujaratiHaitian CreoleHebrewHindiHungarianIcelandicIndonesianIrishItalianJapaneseKannadaKoreanLaoLatinLatvianLithuanianMacedonianMalayMalteseNorwegianPersianPolishPortugueseRomanianRussianSerbianSlovakSlovenianSpanishSwahiliSwedishTamilTeluguThaiTurkishUkrainianUrduVietnameseWelshYiddish | AfrikaansAlbanianArabicArmenianAzerbaijaniBasqueBengaliBelarusianBulgarianCatalanChinese (Simp)Chinese (Trad)CroatianCzechDanishDutchEnglishEsperantoEstonianFilipinoFinnishFrenchGalicianGeorgianGermanGreekGujaratiHaitian CreoleHebrewHindiHungarianIcelandicIndonesianIrishItalianJapaneseKannadaKoreanLaoLatinLatvianLithuanianMacedonianMalayMalteseNorwegianPersianPolishPortugueseRomanianRussianSerbianSlovakSlovenianSpanishSwahiliSwedishTamilTeluguThaiTurkishUkrainianUrduVietnameseWelshYiddish |