Vir Altyd NOU op DVD beskikbaar!
Die lokettreffer, VIR ALTYD, met Ivan Botha en Donnalee Roberts in die hoofrolle, is die mees suksesvolle Afrikaanse film tot nou toe en het meer as R15 miljoen by die plaaslike loket verdien!
Dié film word op Maandag 13 Junie op DVD uitgereik en sal beskikbaar wees by Game, Makro, Top CD, Musica, CNA, Checkers, PnP, Takealot en Music Moods en sluit ook stukkies agter-die-skerms grepe in.
Ivan en Donnalee gaan weer reg-oor die land toer om aanhangers te ontmoet, te gesels en foto’s te neem by die winkels waar die DVD verkoop word. Hou gerus hulle Facebook-blad dop om te sien waar hulle oral gaan kuier en waar jy jou getekende DVD kan kry: FaceBook
VIR ALTYD is ‘n romantiese avontuurfilm wat die verhaal vertel van Nina (Donnalee Roberts) wat in sprokiesverhale glo, maar wie se verloofde, Retief (Stiaan Smith), haar op haar groot dag – wat sy al van kindsbeen af beplan – voor die kansel los.
Op die vooraand van Nina se troue in die Paarl, daag haar beste kleintydvriend Hugo (Ivan Botha) weer na tien jaar in haar lewe op. Nadat Nina se drome verbrokkel voor die kansel, volg ’n aand van groot partytjie, wat daartoe lei dat Hugo haar in die plek van haar bruidegom vergesel op haar ‘wittebrood’ Mauritius toe. Daar ontmoet hul twee ander paartjies wat hul meer oor die liefde leer, ou wonde word oopgekrap en nuwe ervarings gedeel. Maar gaan hulle besef dat dit nie die gelukkige einde is wat saak maak nie, maar wel die avontuur daarheen?
Die rolprent is in die prentjiemooi Paarl in die Wes-Kaap en op die eiland van liefde, Mauritius, verfilm.
VIR ALTYD is ‘n film wat tot elke mens – oud en jonk – sal spreek en harte sal roer met die avonture wat die verskillende fases van verhoudings inhou.
Vir Altyd is ook vanaf 13 Junie beskikbaar op DSTV BoxOffice en by DVD-huurwinkels.