Vier jarige Kanker leier, Karla benodig hulp!
Gesondheid is een ding wat geld nie kan koop nie, ons kan probeer maar dit alleen kom van God.
‘n Mens wonder of ons werklik besef wat se voorreg dit is om gesond te wees. Dit is slegs wanneer ‘n geliefde met ‘n lewens gevreesde siekte gediagnoseer word, dat ‘n mens besef dat ons, ons gesondheid nie as vanselfsprekend moet aanvaar nie! Ons pragtige 4 jarige dogtertjie; Karla, is in November verlede jaar met nierkanker gediagnoseer.
Die eerste reaksie op nuus van so aard is een van ongeloof! Nee! Hulle praat met iemand anders! ‘n Mens voel asof jy wil omkyk om te sien met wie die dokter praat, dan tref dit jou! Ons kind het kanker!
In ‘n oogwink het ons lewenswyse verander.
Alles het so vinnig gebeur! Die toetse, operasies, biopsies en al die prosedures wat gepaard gaan met kanker. In daardie week is daar begin met chemoterapie.
Ons kyk na vyf maande se behandeling terug na ‘n nier operasie en ses weke se chemoterapie bestraling en ons Karlatjie ly nie aan een newe effek wat gepaard gaan met die behandeling van kanker nie, maar ‘n lang pad le nog voor! Nog agt maande se bestraling en behandeling!
Huidiglik word Karla elke tweede week vir drie dae met chemoterapie behandel en dan drie dae opgeneem vir die behandelingsproses.
Tot dusver dek ons mediese fonds die meeste van die medikasie, die operasie, asook die Intensiewe Sorg Eenheid kostes. Die pad le egter nog lank en uitgestrek voor ons en ons mediese dekking gaan nie veel langer uithou nie.
Finansiele bystand is onafwentbaar, ons besef dat ons hulp benodig. Nederig draai ons na ons gemeenskap en doen ‘n beroep om finansieel te help waar julle kan sodat ons met Karla se behandeling kan aanhou.
Donasies kan direk in die volgende rekening gedeponeer word:
ABSA Bank.
Naam: Karla Kriel
Rekening Nommer: 9289859871
Tak: Meyerton
Tipe Rekening: Spaar
Vir enige verdere inligting skakel gerus vir:
Japie Kriel: 0834309184 of epos; japie.kriel88@gmail.com
Laurika Kriel: 0836681794 of epos; laurika.kriel89@gmail.com