Three Rivers Lodge, Skroom nie om te borg nie!
Op die 31ste Mei hierdie jaar het ShowMe Vaal, Jennifer Jones Entertainment en Vaal Mall gepoog om meer as 4000 skoene in te samel vir minderbevooregte kinders in die Vaal 21 area.
Op die dag het Jennifer Jones Entertainment vier kunstenaars geborg om op die dag met die publiek te meng, foto’s te neem en handtekeninge en CD’s uit te deel.
Onder andere het Hannes Van Tonder die dag bygewoon en selfs een of twee liedjies gesing.
Hannes en sy vrou het van Rustenburg af gery om die dag by te woon en verblyf moes gereel word.
Dit het een oproep gekos na Three Rivers Lodge wie onmiddelik ingestem het om ‘n kamer te borg vir die kunstenaar en sy vrou; Nelia, wie ook sy bestuurder is.
Dit is wat Hannes se terugvoer was van die verblyf in die vooruitstrewende gaste huis:
Graag wil ons net baie dankie se vir die gul ontvangs en aangename verblyf wat aan ons geborg was deur THREE RIVERS LODGE, op 31 Mei 2014, tydens ‘n optrede in die Vaaldriehoek.
Die kamers was baie gerieflik, netjies, en die ontbyt die volgende oggend uit die boonste rakke.
Baie dankie aan die bestuur vir hierdie ongekende gasvryheid, ek sal THREE RIVERS LODGE te enige tyd aanbeveel vir enige iemand wat verblyf in die Vaaldriehoek soek..
Vir meer informasie oor Three Rivers Lodge gaan besoek gerus hulle webtuiste:
http://www.threeriverslodge.co.za/
Vir meer informasie oor Hannes Van Tonder besoek gerus: www.jenniferjones.showme.co.za