#Rugby BOK KOORS, 21 Sprinbok Rugby Treffers op 1 CD !!!
Met die rugby wêreldbeker net om die draai loop bokkoors hoog! Almal droom van een span wat die beker huistoe sal bring! Van ons land se voorste sangers het saamgespan om hulle eensgesindheid en ondersteuning deur musiek aan die Bokke te bewys. Hierdie album is vol musiek wat sal aanklank vind by enige rugby ondersteuner, hetsy om ‘n braaivleisvuur, op die pawiljoen of vasgenael voor die televisie.
Al die liedjies op hierdie album is daarop gerig om ons as Suid-Afrikaners weer in die regte gees te kry om ons span te ondersteun en ons droom te gaan haal.
Bok Koors bestaan uit 21 Springbok Rugby Treffers waarvan 15 splinternuut is en groot aanklank by luisteraars gaan vind.
Speellys
- BOK TOI TOI – kykNET Kunstenaars
- GROTER AS GROOT – Kurt Darren
- BLOKKIES JOUBERT – Jan Rhaap
- WYS ONS WIE JY IS (HEY HEY) – Gerhard Steyn
- HIERDIE IS ONS LAND – ADAM saam Herman Kleinhans
- OLé OLé – Nicholis Louw
- ONS IS TERUG – Hennie Jacobs
- SPRINGBOK GEES – Ernie Bates
- BOER EN BRIT – Munro
10. SPAN VAN GLORIE (Gebed vir ‘n speler) – Rudi Muller
11. STAAN SAAM MET GROEN EN GOUD – Juan Boucher
12. BOK MEDLEY – Anton Myburgh
- Vat hom Dawie
- Your my mate
- Hier kom die bokke
13. SUPERMAN DRA GROEN EN GOUD – Pieter Koen
14. AS DIE BOKKE KOM – Beeskraal
15. SPRINGBOK-HARTKLOP – Touch of Class
16. BALLETJIE BAL BAL – Juandré Marais
17. SHOSHOLOZA – Overtone
18. GEBORE OM TE WEN – Gerhard Steyn
19. PROUDLY SOUTH AFRICAN – Hennie Jacobs
20. RUGBY TYD IN ENGELAND – Beeskraal
21. EK IS ‘N SPRINGBOK – Anton Myburgh
Facebook: https://www.facebook.com/Bokkoors
Die musiekvideo vir Bok Toi Toi deur kykNET Kunstenaars word eerskomende Saterdagaand vir die eerste keer eksklusief op kykNET Jukebox bekendgestel. Maak seker jy is ingeskakel!
Die album word uitgereik deur Vonk Musiek in samewerking met kykNET en word versprei deur Real Music Distribution.