Moments 2016 Spectacular – Wie is Anton Esterhuyse?
Anton Esterhuyse is ’n Bloemfonteinse pianis, fluitis, panfluitis, komponis, verwerker en musiekregisseur. Hy is ook betrokke as musiekleier by die NG Gemeente Universitas, waar hy die Unimus-orkes en -sangers lei. As musiekregisseur en -verwerker was hy betrokke by talle produksies wat in Bloemfontein aangebied is, onder andere Rapport Sing Jou Taal, A Tribute to Joe Cocker, Born to be wild, Coenie & Lucas in simfonie en Laurika Rauch saam met die Bloemfontein Kinderkoor. Van sy komposisies sluit in ‘n orrelfantasie vir twee orrels en agt hande, ‘n fanfare vir die akademiese prosessie tydens die Universiteit van die Vrystaat se gradeplegtighede, asook Ode aan my land en Tiener-rock vir gemengde koor. Hy het ook oorspronklike musiek vir drie dramaproduksies geskryf: The Miracle Worker, James and the Giant Peach en Come Mxit with Me on Facebook You Twit. In opdrag van Laerskool Willem Postma het hy die musiekblyspel Mars saam met Maretha Maartens geskryf. Sedert 2014 is hy die amptelike begeleier van die Bloemfontein Kinderkoor.
Anton is die Musiekregisseur vir Moments 2016 Spectacular wat in Bloemfontein op 22 en 23 April by die Sand Du Plessis Teater plaasvind.
Om jou sitplek te boek gaan hiernatoe: Skakel Vir Vir My Kaartjie
Hartlike dank aan al ons borge !!!