Liza Verhoef: Pas Jou Spinale Werwelkolom Op!
Die werwelkolom is nie reguit soos ‘n liniaal nie, dit het ‘n normale kurwe en sy funksie is om skok te absorbeer en mobiliteit te gee.
Die werwelkolom bestaan nie net uit bene nie maar is ook saamgestel uit kussinkies, senuwees, ligamente, en spiere.
Wanneer hierdie kurwe onatuurlik gebuig word of vererger na enige kant toe, plaas dit stremming op gewrigte en ligamente , wat styfheid en pyn veroorsaak en degenerasie daarvan versnel.
As jy sit of staan, werk jou werwelkolom teen aantrekkingskrag om “bo-gewigtigheid” te balanseer, net soos, byvoorbeeld ‘n pilaar.
Die natuurlike kurwes help die gewig om deur die verskillende strukture gedeel te word.
Meganiese/Posturele pyn word veroorsaak sonder om jouself noodwendig te beseer, en word veroorsaak wanneer geswrigte of werwelkolom langdurig in die verkeerde posisie geplaas word met gepaardgaande stremming op die strukture rondom.
Die mees algemene oorsake van meganiese pyn is:
- SWAK POSTUUR, WERKSGEWOONTES: agter rekenaar, werkbank ens.
- VERKEERDE GEBRUIK van die liggaam – bv swaar voorwerpe optel.
- SWAK MATRAS.
- BESERINGS/ONGELUKKE – val van trappe, gly, whiplash.
- STYFHEID VAN SPIERE EN GEWRIGTE – dit vererger met ouderdom.
Pyn veroorsaak ‘n bose kringloop:
Indien ‘n persoon in pyn verkeer, wil jy nie beweeg nie wat dan styfheid veroorsaak en op sy beurt lei na swakheid, daarna verdure meganiese stremming, en laastens weer erger pyn…
Die oplossing is om rus en beweging te balanseer en NIE net te rus en pynpille te neem nie!
Om balans in die werwelkolom te handhaaf; volg die volgende baie belangrike reels:
Vier reels om voorwerpe op te tel:
- Staan naby die voorwerp
- Hou rug reguit – krag posisie, en buig kniee
- Hou die voorwerp naby die liggaam, met elmboe in sye en kniee oop
- Moenie rug draai nie! – beweeg met jou met voete!
Vir rugpyn, doen dadelik die volgende:
- Plaas ys of hitte waar die pyn gelee is.
- Vermy die spesifieke aktiwiteit.
- Sien fisioterapeut so gou as moontlik.
- Behou altyd ‘n goeie postuur wat outomaties die normale kurwe van jou rug sal behou.
Soos pyn verbeter volg dan die volgende riglyne:
- Beweeg gereeld.
- Doen die korrekte oefening vir jou probleem. Om styfheid of swakheid byvoorbeeld rug en nek te help, doen versterkings as ook strekkings oefeninge.
- Behou altyd ‘n gebalanseerde postuur.
Artikel geskry deur Liza Verhoef, Verhoef Fisioterapie.
Vir meer informasie oor Lizet Smith en Liza Verhoef Fisioterapeute skakel gerus vir Hennie of Liza Verhoef by: 016 455 1284
Lizet Smith en Liza Verhoef Fisioterapeute is gelee ter; H/V Kruger- en Joubert Str. Vereeniging.