Steve Hofmeyr oor Toeka 3
Ek dink ek kan ‘n boek skryf oor Toeka 3. Ek sal nog. Wat soos die voriges die eenvoudigste projek moes wees, wou net nie tande sny nie. Dit het vroeg al begin. Maar die eindproduk is nou hier – en alhoewel laat, is ek verheug. Toeka verskeep Maandag en behoort darem teen Vrydag landwyd beskikbaar te wees. Maar hier is wat vooraf gebeur het.
Almal ken Toeka. En Toeka 3 is meer van daai lekker. Ek sing 18 ou treffers tot die hoendervleis staan soos Pierre de Charmoy, Herbie, Danie Botha, Clout, Clive Bruce, Anton Goosen en vele ander inval op hul eie grootste treffers. Dan hoor jy Bobby Angel, Gert van Tonder, Coenie de Villiers asook nuwe verrassings met Fanie de Jager en Jennifer Jones. My hoogtepunt is die gewyde MAG GOD U SEËN saam Gé Korsten. As ek dit maar kon doen toe hy gelewe het. Daar’s ook oorspronklikes soos ONS BLOED BLY BLOU en SIT DIE LIGTE AAN wat reeds nommer een is op vele treffersparades landwyd.
En dan natuurlik DIE STEM; omdat almal so mooi gevra het – opgedra aan alle inmengende stadsrade, kultuurverloëners en sensuurrade. Miskien kan ek ‘n boek skryf nét hieroor. Om te sê ek doen DIE STEM vir eie gewin, is vreemd. Kulturele gewin? Ja, beslis. Finansiële gewin? Goed, maar sal hierdie ‘gewin’ dan die nasionale boikotte teen my, insluit? Aankopers, verspreiders, radiostasies, feesrade, stadsrade, casino’s, tydskrifte en kliënte verban my oraloor. Eie gewin is seker relatief, nê Billy.
Lees die hele artikel: https://showme.co.za/vaal/files/2014/09/Steve-Hofmeyr-oor-Toeka-3.pdf
Vir meer informasie oor Steve Hofmeyr, kuier gerus op sy webwerf: www.stevehofmeyr.co.za
Artikel geskryf deur: Steve Hofmeyr