Jennifer Jones en Steve Hofmeyr sing saam!
‘n Lank uitstaande duet is uiteindelik met Jennifer Jones en Steve Hofmeyr opgeneem. Die twee kunstenaars dreig al jare om eendag saam te sing en uiteindelik het Steve na vore gekom en vir Jennifer Jones genooi om ‘n duet op te neem vir sy derde Toeka album.
“Steve is absoluut professioneel, ek en hy het al voorheen saamgewerk onder andere by een van die Grey College Feeste waar ons saam ‘n duet of twee opgevoer het.” sé Jennifer.
Daar is vele ander legendariese SA kunstenaars wat ook deel is van die album, maar te veel gaan nie huidiglik verklap word nie.
Die album word by Steve se private studio by sy huis opgeneem en vrystelling behoort teen die einde van 2014 plaas te vind.
Artikel: Leon Joubert
ShowMe Vaal
Comments