LS GOEDEHOOP LOOP DIE WINTER KAF!
Laerskool Goedehoop se vele prestasies laat die Kosmosland vergeet van die koue wat knyp! Baie geluk aan julle leerlinge, onnies, bestuur, ouers en openbare betrekkinge wat altyd op die voorvoet is!
Me. Mariëtte Boyley is deur die Departement van Onderwys by L/S Goedehoop aangestel as Departementshoof Opvoedkundige Leiding.
NETBAL
Die volgende dogters is opgeneem in die Netbal MUSSA-span. Dit is ook goed om te weet dat daar volgens kwotas spanne gekies word. Vir elke span, wat uit 10 spelers bestaan, word daar 5 blank en 5 anderskleuriges gekies. In die o/12-span is 3 uit 5 dogters wat gekies is van Goedehoop!
Voor: Anke Pretorius (o/12), Michelle Jacobs (o/12)
Agter: Zelri de la Rey (o/12), Nicole Lindeque (o/13)
RUGBY
Die volgende twee seuns is gekies vir die Gert Sibande rugbyspan wat gaan deelneem aan die Puma-proewe.
Die Hoëveldgroep Bybelvasvra-kompetisies het op Vrydag, 6 Mei 2016 te Bethal plaasgevind. Daar het 9 spanne deelgeneem. Goedehoop se A-span behaal ‘n 1ste plek met 100 % in al 6 afdelings, hulle ontvang die wisseltrofee en goue medaljes. Die B-span behaal 3de plek met 89 % in totaal vir al 6 afdelings.
Hulle moet hierdie jaar 726 verse uit hul koppe ken om aan vier kompetisies deur die jaar deel te neem. Wonderlike prestasie!
Voor: Morgan Blake (A-span), Suné Visser (B-span), Cheri Rudolph (A-span), Cara Strydom (A-span)
Agter: Clarize Winkler (B-span), JD Kotzé (B-span), De Clercq Stoltz (B-span), Ruand van der Merwe (A-span)
Op Saterdag, 7 Mei 2016 het L/S Goedehoop hul jaarlikse Mini-netbal en Pumaki-dag aangebied. Daar was 11 skole (Laerskole: Goedehoop, JJ vd Merwe, Curro, Secunda, Kruinpark, Pionier, Hoëveld, Trichardt, Highveld Ridge Primary, Oranjegloed en Leandra) wat die dag bygewoon het. Elke span het ongeveer 2 wedstryde gespeel, die spelers het hul harte uitgespeel en is baie moeg huistoe.
Die Pumaki’s in aksie!
Ryan Jaco o/7