Moresterkinderhuis ook geraak deur staking
Die staking het die hele Rustenburg geraak en hier by die Kindershuis het ons ook daaronder gely.
Ons het tans 48 kinders in ons sorg. Ons jongste kind is 1 week oud en weeg slegs 2kg en ons kinders se ouderdome is tot en met 17 jaar. Enige donasie is altyd welkom klere vanaf newborn tot 17 jaar
Omdat sy so baie klein is en ons nog onseker is oor haar status moet sy en nog 13 ander babas ook Nan Pelargon drink. Ons nan formule melk is amper kla en ons benodig dringend vir ons babas formule melk . Donateurs skenkings het ook a.g.v. die staking afgeneem en nou kry ons kinders swaar
Ons het tans n groot tekort aan doeke small,medium.large en x-large, enige vleis, longlife melk,swartsakke, botter, baba sjampoo, bad seep, groente en groceries is altyd welkom.
In die verlede het die gemeenskap ons gehelp en daarom neem ons dus die vrymoedigheid om weer te vra vir donasies
Baie dankie.
Helen Lotz 082 460 8418
Antonette Christian 0828711327
Bestuurders – Morester Kinderhuis
E-pos: moresterkinderhuis@gmail.com
Morester Kinderhuis NPO-107-043