G-om vra hulp vir kinders
Die G-om Projek/Wee care Project vra die Rustenburg gemeenskap om hulp vir kinders.
So kan u ons help: Gee u ou skryfbehoeftes. Ons het ‘n projek waar ons ou skryfbehoeftes insamel, dit was en potlode skerpmaak ensovoorts en dit dan onder meer behoeftige skole versprei. Verlede jaar is 80 stelle vir Laerskool David Brink gegee. Hierdie jaar mik ons na 200 stelle. Enige liniale, potloodsakkies, potlode, skerpmakers, skêre, inkleurpotlode, penne, ensovoorts is welkom. Enige hulp sal ook waardeer word.
Ou speelgoed (nie stukkend nie asseblief)
Ons is ook betrokke by Emmanuel Hope Centre in Koster. Al die ou speelgoed word gewas, heelgemaak en verpak en word dan deur Emmanuel Hope uitgedeel aan 300 behoeftige kinders as Kersgeskenke. Hulp hiermee sal ook waardeer word.
Een kind se busgeld vir ‘n maand te borg. Die kinders word met ‘n bussie wat gehuur word, vervoer na en van die projek. Die koste beloop R350 per maand. Elke kind wat geborg word, verlig die finansiële las.
Borg ‘n kind se koshuisgeld.
Kontak gerus vir Marieta Herbst by 084 620 2251 of Linda Grobler by 083 292 5654 as jy belangstel om betrokke te raak of vir meer inligting.
Die G-om projek is ‘n Art 18A maatskappy, dus kan enige donasies wat gegee word, afgetrek word van inkomstebelasting.