G-om Projek Rustenburg – Jaarlikse Karlienparkweek 2016
Soos die afgelope paar jaar, wil G-om weer komende Julie-vakansie ‘n uitreik doen na die kinders van Karlienpark in Rustenburg om hul kreatief besig te hou teen die agtergrond van God se Woord.
Ons beplan ‘n 5-dag program propvol aktiwiteite, speletjies, sang en bediening en elke kind word van verversings en ‘n maaltyd voorsien gedurende die week van 4 – 8 Julie.
Ons projek benodig egter ‘n paar artikels om hierdie week suksesvol uit te voer en doen graag ‘n beroep op gemeentelede om ons te help hiermee. Enige van die volgende items sal met dankbaarheid aanvaar word:
Geskenkpapier
Ou geskenksakkies
Leë voedsel-kartondose (Pro-nutro, Kelloggs, melkkartonne, ens) Ons gaan dit gebruik om geskenkboksies te maak
Enige oorskiet lint (papier of material)
Enige oorskiet tou (dun tipe)
Enige oorskiet vilt of materiaal
Enige servette met skoenlapper-motiewe op
Enige versierings wat mens kan gebruik om geskenkpakkies mee mooi te maak (krale, blink knope, ens.)
Ons wil ook graag ‘n beroep doen op Tieners tussen die ouderdomme van 16 en 18 (selfs ouer) wat ons kan help om as Groepleiers op te tree vir die week. Dit beloof om ‘n lewensverrykende ervaring te wees – vir beide die Tiener en sy groep!
Kontak ons asseblief by onderstaande nommers indien nodig.
G-om Groete
Linda Grobler
CHAIRPERSON
Linda Grobler: 083 292 5654
Marieta Herbst: 084 620 2251
Hendie Grobbelaar: 0834553291