Steve Hofmeyr besoek Rustenburg se kasteel
Kyk, as daar nou iemand is wat persoonlikheid op die verhoog kan bring, dat die verhoog later te klein voel, dan het Steve Hofmeyr dit die Julie na Rustenburg toe gebring.
Step it Up Productions het die Ebenhaezer Kasteel omtrent reggemaak, sodat aanhangers met genot na Steve se vertoning kon luister, kon saamlag en saamsing!
Die bekende Caroline Edwards en Graham (Who’s Frank) het die aand geopen met hulle goeie, goed-voel musiek.
Die aand was ‘n reuse sukses, die kos heerlik en die vertoning propvol energie.
Maak seker jy mis nie weer uit op ‘n gebeurtenis by die Ebenhaezer Kasteel in die toekoms nie!
Ronel Photography het die aand saam met Rustenburgers en Steve geniet.
Comments