See what ShowMe™
can do for your business!
Nadine Townsend is ’n groot diereliefhebber en die algemene asook Facebook administreerder, van die DBV / SCPA van Rustenburg.
Gebore en getoë in Rustenburg, was dit Nadine se droom, sedert 6-jarige ouderdom, om ’n veearts te word. “Ek het van kleins af ’n passie vir diere gehad”. Na matriek het sy egter Regte gaan swot aan die Noordwes Universiteit van Potchefstroom en na drie jaar besef haar liefde lê definitief by die viervoetiges en geveerdes. Sy het ook in daardie drie jare as vrywilliger by die DBV van Potchefstroom aangesluit en uitgehelp.
Tans is Townsend ’n vrywilliger by die Rustenburg se DBV, maar as gevolg van die tekort aan personeel wat die DBV tans ondervind, is sy ook in beheer van die bemarking van die DBV en ook die algehele kantooradministrasie. Nadine sê egter dat haar hoofantwoordelikheid “die gesondheid en kos van diere” is.
Dit is dan ook haar uiteindelike doel om Dieregedrag by die Ethology Academy te studeer. “Diere het al bewys dat hulle ’n positiewe effek op mense kan hê, veral die in hospitale en oumense”, is haar oortuiging om in die rigting te studeer.
Nadine oor Rustenburg:
Die vrygewigheid van die mense in Rustenburg is vir haar opvallend en noudat sy weer terug is hier, sien sy die verskil wat die goedhartigheid van Rustenburgers kan maak.
Nadine Townsend is ’n meisie met groot drome en ’n groot hart vir die wat nie hulself kan help nie en goed oppad om haar passie uit te leef.
* Besoek gerus die DBV Rustenburg se Facebook-bladsy



