Legendes Manne-aand te Rustenburg groot sukses!
Die Legendes manne-aand by die Rustenburg Burgersentrum (Civic Centre) was ‘n reuse sukses. Manne, jonk en oud, het die staaltjies gehoor en inspirasie geput uit die monde van Vicotr Matfield, Frik du Preez asook JT Claasen. Eregaste was onder andere Ray Mordt, Gerrie Germushuys, FA Meiring, Deon Oosthuizen en Piet Greyling. Die manne is deur goeie musiek deur Richard van der Westhuizen vermaak, die kos heerlik en die geselskap uit die boonste rakke.
Die fondse gaan vir die jeugbemagtigingstrust wat ‘n nie-winsgewende organisasie is. Die fondse word dan aangewend om skoliere wat op nasionale vlak presteer, finansieël by te staan. Aansoeke word volgens kriteria op meriete beoordeel.
ShowMe Rustenburg se eie bestuurder, Stefan de Villiers asook verkoopskonsultant Johan Ferreira het die aand bygewoon!