Larrie Jolyt | Rustenburg
Elke jaar word daar die Larrie Jolyt te Laerskool Rustenburg gehou! Hierdie jaar was die pret en glimlagte net so groot soos altyd. Van die kleinste Gr. R-seun en -dogter tot die groot Gr 7’s, het elke graad deelgeneem aan die optog.
Daar was hasies wat in Hulks verander, die Smurfs het ‘n draai gemaak en daar was selfs ‘n meerkat of 3 of meer.
Netbal en Rugby was die sport van die dag. Groot sports natuurlik was dat Arrie, die skool se gelukbringer (Mascot), ook ‘n draai gemaak het en die kinders gegroet het.
Ilze Fourie het die oomblikke vasgevang.
Comments