Buffelspoort Karnaval 2016
Die sewende jaarlikse Buffelspoort Karnaval is vanaf 4 tot 5 Maart 2016 deur die Rustenburg Gemeenskapskerk by ATKV Buffespoort aangebied.
Soos vorige jare was daar hope pret en plesier waaraan die hele familie kon deelneem. Ronel van Ronel Photography het die jolyt vir ShowMe Rustenburg met haar kamera vasgevang.
Heerlike kos, kompetisies met groot pryse en lewendige vermaak deur BlackByrd, Nicholis Louw en Die Heuwels Fantasties het almal laat feesvier van vroeg tot laat.
Geniet die fotos en sien jou volgende jaar ook daar!
Comments