Brunch vir amper-mammas in Rustenburg
Ilze Fourie Photography het ‘n uitsonderlike kompetisie geloots via haar Facebook blad waarvan die wenner ‘n ‘Fresh Shoot’ kon wen. Dit behels dat die fotograaf die mamma en die splinternuwe mensie binne die eerste 48 uur na geboorte, in die hospitaal besoek om daardie onvervangbare eerste oomblikke vas te vang.
Drie finaliste en hulle gaste was genooi om saam ‘n ‘brunch’ te kon geniet by Die Melkstal waar die wenner sou aangekondig word. Die drie amper-mammas het elkeen ‘n klein geskenkpakkie ontvang asook elkeen van die gaste, haar eie klein ‘bederfie’. Daar was gekuier soos ou vriendinne en die kos en diens was van uitsonderlike gehalte. Die geskenkbewysse was voor die tyd binne-in een van drie nommer-sakkies gesit en toegemaak . ‘n Vasvrae oor algemene (en lawwe!) swangerskap feite was gedoen, en die punte was sodoende toegedien. Die hoogste punt kon eerste ‘n nommer kies, en die ander twee in volgorde daarna. Na ‘n lekker naelgekouery, is die sakkies oopgemaak en die wenner het haar prys ontvang! Die tweede en derde prys was onderskeidelik ‘n Vintageblue Design baba hamper, en ‘n afslagkoepon by Vintageblue Photography.
Ilze Fourie Photography wil graag die geleentheid gebruik om Rianda Fourie geluk te wens met haar prys, sowel as Axzandrie Pretorius en Madelein Koen en al die gaste, bedank vir hulle teenwoordigheid. Die Melkstal word heelhartig aanbeveel vir enige okasie! Mag elkeen van julle amper-mammas ‘n wonderlike swangerskap verder he, en julle nuwe klein babatjies volrond en gesond wees. (Fotos: Vintageblue Photography)
Ilze Fourie Photography is een van die min fotograwe wat hierdie tipe shoot aanbied. Sy spesialiseer in ‘Lifestyle’ fotografie wat behels dat sy meer op die agtergrond is tydens ‘n sessie, sodat die klient op sy/haar gemaklikste is, en die natuurlikste fotos daaruit ontstaan. Sy kan gekontak word via haar Facebook Blad ‘Ilze Fourie Photography’, sowel as via haar epos adres smile@thecamera.co.za vir verdere inligting rakende haar pakkette.)