Bosveld Somerfees | Hoërskool Rustenburg
Hoërskool Rustenburg het die Bosveld Somerfees van die NG Kerk Proteapark se 35ste bestaansjaarviering aangebied. Kurt Darren, Glaskas en Die Campbells het die gehoor vermaak met bekende treffes, Rustenburg se eie Kevin Leo het die aand as seremonie-meester opgetreë.
Rustenburgers was vermaak deur hul gunsteling sangers. Die verskeidenheid kos was genoeg om die sintuie te oorweldig en die algehele gees was gevul met ‘n lekker ontspanne atmosfeer, saamsing en groot kuier.
Kinders het kans gehad om balle rond te skop op die rugbyveld, en die ouers kans gegee om bietjie op te vang met vriende en te ontspan.
Die Campbells was eerste aan die beurt en het die gehoor met hul “country-rock” vermaak. Daarna was dit die ouens van Glaskas wat die jonges en die jonk van gees, met hul musiek betower (alhoewel daar sommige ouer gaardes was wat die gehooraparatjies sagter gestel het). Kurt Darren met sy orkes en dansers het die aand heerlik afgerond en die vonke het behoorlik gespat!
Ilze Fourie was daar om alles in te neem.
Rustenburg Highschool hosted NG Church Proteapark’s 35th anniversary. The Bosveld Somerfees hosted the likes of Kurt Darren, Glaskas, The Campbells as well as Kevin Leo (Rustenburg-born singer). The crowds waved and sang along to their best loved songs and overall the atmosphere was filled with excitement, smells of delicious hotdogs and burgers and more.