Kosterdam Eisbeinfees & Bergfietswedren 2017
Venue: Koster Dam
Dates: 31/03/2017 to 02/04/2017
Times:
Die Kosterdam Eisbeinfees 2017 beloof weer ‘n naweek van pret en plesier en is aan vanaf 31 Maart tot 2 April. ‘n Belewenis vir almal!
Die Campbells tree Vrydagaand op, kaartjies kan gekoop word.
Saterdag 1 April is daar 3 bergfietswedrenne wat almal oor verskillende roetes oor wildsplase plaasvind. 50 km – 08:00 25 km 10 km Pretren vir ouers en kinders.
Pret-aktiwiteite, uitstallers, helikopter ritte, biertuin en vermaak sal aangebied word en die legendariese Eisbein, sal deur die dag te koop aangebied word.
Saterdagaand is die groot Eisbein Fees in die markiestente, moet dit nie misloop nie!
Sondag oggend is daar ‘n erediens om 10:00 op die terrein.
Besoek gerus die webblad www.kosterdam-eisbeinfees.co.za en www.facebook.com/eisbeinfees vir meer inligting en inskrywingsvorms. U kan ook al u besprekings op die webblad doen.
Epos navrae na navrae@kosterdam-eisbeinfees.co.za of skakel: 082 851 6391
Vir navrae oor die bergfietskompetisie skakel: 082 788 9885
Vir navrae oor kampering en toegang: 082 200 8198 of 083 343 4796