Eisbein Bergfietsren 2016
Venue: Koster Dam
Dates: 19/03/2016 to 19/03/2016
Times: 08:00
Die Eisbein Bergfietsren vind op Saterdag 19 Maart 2016 plaas by die Koster Dam tydens die Koster Dam Eisbeinfees.
Afstande en inskrywingsfooie: 50 km – R200, 25 km – R150, 10 km – R100. Slegs ‘n beperkte aantal inskrywings kan kan toegelaat word. Skryf dus vroegtydig in om teleurstelling te voorkom. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 7 Maart 2016. Indien daar nog plek is, sal daar ‘n laat inskrywingsfooi gehef word en sal inskrywings nog tot op die dag van die wegspring kan geskied.
Registrasie sal vanaf 06:00, Saterdag oggend, 19 Maart 2016 plaasvind.
Al die deelnemers wat die ren voltooi sal ‘n Eisbeinfees medalje ontvang. Die prysgelde is soos volg: 50 km prysgeld: 1e plek R 1 500, 2de plek R 1 200 en 3de plek R 1 000. 25 km prysgeld: 1ste plek R 800, 2de plek R 500 en 3de plek R 300. 10 km prysgeld: 1e plek R 500,
2de plek R 300 en 3de plek R 150.
Pricing & Booking Information
50 km – R200
25 km – R150
10 km – R100