Virseker Beeld Rugby Trofee Bekendstelling
Virseker en Beeld het Dinsdag 10 Mei 2016 die nuwe skolerugby trofee bekend gestel.
Met Virseker en beeld as hoofborge is hulle trots om hierdie nuwe reeks aan die publiek bekend te maak. As viering van die nuwe borgskap, is ‘n blinknuwe trofee vir die 2016-seisoen tans besig om ontwerp te word.
Naas Botha en die Toks en Tjops span het die gaste van ‘n groot verskeidenheid skole verwelkom by Weiveld in Pretoria as gasprekers tydens hierdie funksie. Garsfontein Hoërskool se rugbyspan, wat verlede jaar se algehele Beeld trofee wenners was, was in die bevoorregte posisie om die nuwe embleem en identiteit ten toon te stel met ‘n besonderse vertoning.
“Suid Afrika is ‘n goudmyn van wêreldgehalte rugbytalent”, sluit woordvoerder van Virseker, Dawid Botha, af. “Ons weet dat die Virseker beeld Trofee nie net sal help met die ontginning, slyping en tentoonstelling van hierdie talent nie, maar ook met die verdere groei van ‘n passievolle, trotse, Afrikaanse rugbykultuur.”
Funksie gereël deur I Heart PR. Vir meer inligting kontak iheartpr@iburts.co.za.