Hoërskool Rugby: Virseker stel Virseker Beker Bekend
Virseker het op 29 Maart aangekondig dat die hoërskool rugbybeker, voormalig bekend as die Virseker Beeldtrofeë, ‘n splinternuwe baadjie aantrek en voortaan as die Virseker Beker bekend sal staan.
Virseker is alombekend vir sy dienslewering in en ondersteuning van Afrikaans deur verhoogproduksies soos Afrikaans Is Groot sowel as die bevordering van Afrikaanse onderrig waar reeds meer as R10 miljoen in onder andere Akademia, die Rapport Onderwysfonds en die ontwikkeling van Afrikaanse leertoepassings (apps) belê is.
“Afrikaans is ons hartstaal. Ons werk in Afrikaans, ons leer in Afrikaans, ons sing in Afrikaans en ons speel rugby in Afrikaans”, sê Dawid Botha, woordvoerder van Virseker.
“Hierdie Noordvaal-trofee het in die 97 jaar sedert sy totstandkoming as die “Interhoërskool beker” ‘n hele paar naamsveranderinge ondergaan, maar het altyd sinoniem gebly met eersteklas skolerugby. Ons staan met trots bankvas daaragter!”
Verdere goeie nuus vir rugbygeesdriftiges is dat van die wedstryde van die 2017-toernooi ook op kykNET uitgesaai sal word.
“Suid-Afrika het oor die dekades heen talle legendariese rugbyspelers opgelewer en meeste van hulle se suksesverhaal het op skool begin. Met die Virseker Beker bly ons toegewyd aan die ontginning, slyping en tentoonstelling van hierdie talent, sowel as die uitbouing van ‘n passievolle, trotse, Afrikaanse rugbykultuur”, sluit Botha af.
Vrygestel namens Virseker deur I Heart PR. Vir meer inligting kontak Jolene Chait by 079 696 2468 of e-pos iheart@iburst.co.za of Altus Venables by 079 632 9852 / altusheart@iburst.co.za.