VTM Nuusbrief June 2017
Nuus
INDABA
Ons Bemarkingshoof, Lizette Jansen en ons toerismebeampte, Ellenmarie Havenga, het in Mei die SA Toerisme Indaba in Durban bygewoon. Hier staan Lizette saam met Xiaoli Fan, (regs) van die Beijing Yougo World International Travel Service.
Jakaranda Musiekdag
Hierdie geleentheid word nie deur die Monument aangebied nie, maar is een van die groter gebeurlikhede wat hier plaasvind. Ons vind dat persone wat sulke geleenthede op die terrein bywoon, gewoonlik ook die monument besoek. Daar was ± 18 000 mense. Die foto is vroegoggend geneem terwyl mense nog besig was om in te kom.
Laermuur
Ons is tans besig met broodnodige herstelwerk aan die laermuur om die monument.
Die eerste “wa” is so pas voltooi.
Hierdie projek sal nog ‘n geruime tyd neem, aangesien dit gespesialiseerde werk verg wat versigtig gedoen moet word.
Saw Muur van Herinnering Gedenkdiens
Die jaarlikse SAW Muur van Herinnering Gedenkdiens het op Sondag, 28 Mei plaasgevind.
Dit word aangebied deur die SAMVO met logistieke ondersteuning deur die Monument.
Skole
Die Monument was op die voorblad van die Mei- uitgawe van die Hlabi News, die skoolkoerant van die Hlabi Senior Secondary School van Groblersdal. Leerders van die skool het ons in April besoek.
Gebeure
Antiekmark
Ons herinner u aan die antiek- en versamelaarsmark wat op 16 Junie plaasvind van 09:00 tot 15:00. T
oegang is R30 per motor. Laat asb u honde tuis, en onthou dat besoekers nie op die terrein toegelaat word voor 07:00 nie.