VTM Nuusbrief Julie 2017
Nuus
Opvoedkundige sentrum
Werk het uiteindelik begin aan die opvoedkundige sentrum waarvoor ons nou al amper 8 jaar wag. Dit word op die piekniekterrein opgerig waar een van die sale herbou word. Die terrein is aan die begin van Junie aan die argitekte oorhandig.
Jeugdag
Die Monument en Vryheidspark het ‘n spesiale program vir kinders aangebied op 16 Junie. Hulle het by ons kom perdry, gesigte is geverf en brood is in ons buitemuurse bakoond gebak. Daarna is hulle na Vryheidspark vir middagete en stories.
Braaiplekke
A.g.v. die bouery aan die nuwe opvoedkundige sentrum op die piekniekterrein, moes ons noodgedwonge twee braaiplekke afbreek. Ons bouspan is tans besig om twee nuwe braaiplekke te bou.
Konsert
Hierdie konsert is op ons terrein aangebied ten bate van Knysna wat erg skade gely het na die brande in die Kaap. Hulle het op kort kennisgewing ons terrein gehuur, maar dit blyk asof die konsert baie geslaagd was.
Argief en Uitgewery
Die Hervormde Kerk se argief en uitgewery sal vanaf 1 Julie by die Erfenisstigting op ons terrein gehuisves word.
Hierdie brief het in die kerk se Junie Blitspos verskyn.
Skenking
Mnr Jan Tollig het in Junie die oorspronklike 1938 hoeveelheidslyste van die Voortrekkermonument en die amfiteater vir tenderdoeleindes, aan die Erfenisstigting se argief geskenk. Hierdie uiters waardevolle dokument van 78 bladsye sal geskandeer word en die oorspronklike sal bewaar word. Volgens mnr Tollig is dit, sover bekend, die eerste hoeveelheidslys in die wêreld wat in Afrikaans opgestel en gebruik is – tot groot konsternasie van die boubedryf wat in daardie stadium net aan Engelse terme gewoond was!
Gebeure
Ons herinner u aan die antiekmark op 9 Augustus.
Ons verso