Radio Pretoria bied ‘n studiebeurs
Radio Pretoria bied ‘n studiebeurs vir ‘n BCom graad in Ondernemingsbestuur aan in samewerking met Akademia vir 2015.
Die Baccalaureusgraad in Ondernemingsbestuur bemagtig die student om die beginsels van ondernemingsbestuur te verstaan en om dié beginsels in die praktyk toe te pas.
Dit rus studente toe met kennis en vaardighede in beginsels en praktyk van ondernemingsbestuur, finansiële bestuur, finansiële rekeningkunde, bedryfsetiek en entrepreneurskap.
Vereistes:
‘n Nasionale Seniorsertifikaat gesertifiseer deur Umalusi met:
Minstens 40% in die onderrigtaal van Akademia
Minstens 50% in elk van vier erkende NSS 20-kredietvlakke
EN toepaslike skoolvakke. Aanbeveel: Wiskunde en Rekeningkunde – 50%
Voordele van hiérdie studiebeurs:
Jy kan voltyds werk en studeer
Jy kan ten volle in Afrikaans studeer, toetse en eksamens skryf
Jy kan by enige van die studiesentrums in Gauteng of Wes-Kaap studeer
EN jy kry ʼn tabletrekenaar ingesluit by die beurs
Alle programme is ten volle geakkrediteer by die Raad op Hoër Onderwys – die grade, diplomas en Hoër Sertifikate kwalifikasie beteken dus dieselfde of jy by Akademia, Tuks, Pukke of Stellenbosch sou studeer.
Om in aanmerking vir hierdie beurs te kom moet jy die volgende inligting aan Radio Pretoria deurstuur:
‘n Afskrif van jou Nasionale Seniorsertifikaat
OF ‘n afskrif van jou nuutste vorderingsverslag indien jy tans ‘n matrikulant
Vertel ook vir ons waarom jy vir hierdie studiebeurs oorweeg moet word en waarom dit jou lewe kan verander.
Jy kan die inligting stuur per:
e-pos: beurs@radiopretoria.co.za
Faks: 086 667 1259
Pos: Posbus 75653
Lynnwoodrif
0040