Zwarries Skop Stof in Eldo’s se oë na Jare
Die Hoërskool Zwartkop se eerste rugby span het na 5 jaar Eldoraigne Hoërskool in die bekende jaarlike FNB Classic Clashes reeks met 11-7 geklop.
Met die sege het Zwartkop ook sy kans om tot die Virseker Beeldtrofee se uitspeelwebstryden deur te dring ‘n aansienlike hupstoot gegee. Eldoraigne se kanse is ook nog lewend nadat Centurion Hoërskool hulle ‘n guns bewys het deur die Hoër Tegniese Skool John Voster met 23-7 te troef.
Hierdie was ‘n tawwe wedstryd en Zwartkop moes hard werk om Eldoraigne van ‘n wendrie in die laaste minute te weerhou. Uitblink spelers was onderandere Miché Groenewald wat al die punte vir Zwartkop aangeteken het, waar Franco van Wyk ‘n goeie wedstryd vir Eldoraigne gelewer het.
Comments