Ian Roberts & Vriende – RKO
Venue: Main Road to Keurboomstrand, Plett
Dates: 02/10/2021 to 02/10/2021
Times: 18:00pm - 21:00pm
Plett Arts Festival – Ian Roberts het geen bekendstelling nodig nie! Kom kuier saam! Besprekings noodsaaklik re Covid 19 Regulasies/beperkte getalle – Buitelug vertoning!
Sedert Radio Kalahari Orkes (RKO) se bekendstelling in 2005 KKNK, het hulle die harte en voete van die hele nasie landwyd opgeëis. Hulle navolgers is so wydversrpeid soos hulle musiek. Afrikaans, Engels, swart, Capies… almal word geraak en geamuseer deur die ‘orkes’.
Voor in die koor i s die geliefde stoepsitter van die Kalahari-oase, Boet (Ian Roberts). Hy lei die orkes in ’n lewendige, soms aweregse vertoning van die beste musiek wat Afrikaans sekerlik tans bied. Hulle kan sing! En mondfluitjie speel, riel, dans en kitare slaan…
RKO was ’n treffer by Oppikoppi en Innibos. By die KKNK het mense agter hulle aangeloop van vertoning na vertoning. In Pretoria was elke optrede van RKO weke vooruit volbespreek.
Die musiek is uniek en eg-Suid-Afrikaans, met invloede uit die hele skatkis van die land se kulture. Op die album word geen genre met rus gelaat nie, van goema tot rock; kwaito tot boeremusiek… en natuurlik nog vele meer. Die orkes se instrumente sluit in kitare, banjo’s, mandolien, mondfluitjie, kazoo, pennywhistle, viool, dromme… en die pragtige Krummelpoppies se agtergrondstemme.
RKO beoog om binne die volgende paar maande hul volgende cd uit te bring en belowe om mense weer van hul stoele af te lig en op die dansvloer te kry.
Die songs se lirieke draai ook nie doekies om nie. Die hele landskap van Suid-Afrikaner wees word ondersoek – van rugby tot affirmative action, van liefdesleed tot vleis-eet.
Uit die pen van Ian Roberts kom ook ‘n skitterende lied oor die baasspeurder Piet Byleveld.
Die manne agter meeste van die wysies is hoofsaaklik Dan Roberts en skrywer-joernalis Rian Malan, wat ook sy eie album Alien/Inboorling vrygestel het en met geweldige entoesiasme ontvang is.
Malan het ook die Teaterstuk, Die Nagloper geskryf, wat handel oor die lewe van die 1930’s se boeremusiek-held, David de Lange. RKO sal in die toekoms ook hierdie opwindende nouveu-boeremusiek songs by hulle vertoning voeg –
So, trek aan jou opskopskoene, want hier kom ʼn ding…
Media-reaksie sover:
‘Hier kom ‘n ding!” – Dirk Jordaan, Beeld
‘Musiek wat begin by jou voete, dan inskop in jou lyf en uiteindelik beland in jou kop – Marguerite Robinson, Rapport Tydskrif
‘Die intelligentste inheemse musiek wat die land seker nog gesien het’ – Theunis Engelbrecht, Rapport
‘This is what truly mixed, indigenous South African music should sound like’ – Diane de Beer, Pretoria News
‘At last! Music that makes sense! I guarantee that you will not be able to sit still when they play’ – Charles de Olim, The Star
‘Young rockers, take note – these old ballies know some sh*t – SL Magazine
Pricing & Booking Information
R180 per person
Venue Details & Map
Main Road to Keurboomstrand, Plett
Physical Address: Main Road to Keurboomstrand, Plettenberg Bay, 6600Mobile No.: +27(0)79 876 0406 Email: barnyardplett@gmail.com Website: http://melsplaceplett.com/ Latitude: -34.057489 Longitude: 23.364492