Dorp van die Jaar 2013 – Town of the Year 2013
Dorp van die Jaar 2013 – Town of the Year 2013
‘n Dorp kwalifiseer vir Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie as die getal inwoners minder as 500 000 is en die dorp of woongebied nie binne ‘n metropolitaanse gebied val nie.
Many people are are still not aware of the fact that Paarl is a finalist in the Kwêla Dorp van die Jaar 2013 Competition. The winner of the competition will receive R 1m towards the marketing of their town and we in Paarl are absolutely determined to win!
Die SMS lyn vir die stemmery vir Paarl as Dorp van die Jaar 2013 open op 1 Augustus 2013.
Die voordele om as Dorp van die Jaar verkies te word is groot en behalwe dat ons as ‘n dorp kan saamwerk hou dit menigte praktiese voordele vir alle plaaslike besighede in. Hoe meer mense ons dorp besoek hoe beter vir ons almal.
Sabie het verlede jaar geseevier met 71 902 stemme! Die Paarl het baie meer as 100 000 inwoners en as elke person net een SMS stuur dan kan ons dit maklik maak!
There are many people , who in their own small way is creating an awareness and it is appreciated but in order to create a strategy that will ensure that we all work in the same direction, a Dorp van die Jaar Committee was established this week and we encourage anybody who would like to contribute to make contact with this group.
Hierdie komitee bestaan uit verteenwoordigers van Paarl Toerisme, Die Afrikaanse Taalmonument, Paarl Sakekamer, ShowMe Paarl, Paarl Nuus en Paarl Post, Radio KC, Plaaslike Skole asook ander Plaaslike besighede en die doelstelling van die komitee is om deur skakeling met soveel entiteite as moontlik die proses te dryf sodat ons as wenner aangekondig kan word.
There will be assistance and guidance on how and when to vote and we are hoping that with a combination of technology and effort we will garner sufficient votes through the SMS drive by involving schools and other groups.
Radio KC, ShowMe Paarl en Paarl Post sal op ‘n gereelde basis inligting aan die publiek verskaf.
Luister elke Dinsdag net na 4nm op Radio KC 107.7 FM waar Len van der Walt gesels oor wat aan die gang is in die Paarl en hoe die verskeie initiatiewe vorder, so skakel in om op hoogte te bly van die varste nuus.
To create an awareness around the Town of the Year Competition and to remind people why our town is so great ShowMe Paarl has launced their 30 Reasons we Love Paarl initiative.
A fund was created to support the SMS campaign and we encourage everyone to contribute. Our target is to collect R 100 000 and we have had contributions from people like out Mayor Adv Gesie van Deventer and Big Brother winner Ferdinand Rabie amongst others.
Donasies kan gedeponeer word in die volgende rekening:
Bank: FNB
Rekeninghouer: Paarl Dorp van die Jaar
Rekeningnommer: 62416022721
Takkode: 20011
Gebruik jou asb besigheidsnaam as verwysing.
Ons sal gereeld terugvoering gee oor wat gebeur en wanneer so kyk gerus op www.showmepaarl.co.za en luister na Radio KC op FM 107.7
Ons doel is om almal in ons omgewing, asook ander dorpe van Drakenstein en verder , betrokke te maak en te vra dat daar vir ons mooie dorp gestem moet word.
Die SMS nommer sal later bekend gemaak word maar versprei solank die word onder julle kennisse, vriende en familie deur te epos, SMS, Tweet en ook te “share” op Facebook
If we all work together to support this venture then we will all ultimately benefit!
For More information please contact Francis Nieuwoudt :