La Rochelle blink uit in atletiek & gimnastiek
La Rochelle blink uit in Atletiek & Gimnastiek
Die jaarlikse 4M atletiekbyeenkoms het hierdie jaar op 21 Februarie 2013 in die Paarl plaasgevind.
Die 4 Bolandse meisieskole HMS, La Rochelle, Bloemhof en Rhenish het hierdie jaar hul 21ste byeenkoms gevier.
Hoër Meisieskool Paarl was die gasheerskool. Die byeenkoms het die eerste keer in jare weer in die Paarl plaasgevind nadat die Drakenstein Munisipaliteit die Daljosafat Stadion opgradeer het. Dit is die afgelope 4 jaar by Coetzenburg stadion in Stellenbosch gehou. Boishaai se Brugstraat-baan is ook gebruik.
Die verrigtinge het afgeskop om 14:45 met die skole se voorstellingsoptogte en die eerste velditem het begin om 15:30 met die 3 000m.
La Rochelle Wen!
Groot was die vreugde toe La Rochelle met fantastiese spanwerk as oorwinaars geseëvier het en ook vir die eerste keer in 9 jaar die wenbeker verower.
Die puntetelling was as volg:
1ste Plek: La Rochelle – 455 punte
2de Plek: Bloemhof – 405 punte
3de Plek: HMS Paarl – 355 punte
4de Plek: Rhenish – 138 punte
Uitblinkers vir die Larries was:
Angeline Smit (beste o.15-atleet, spiesgooi 38.05m 901 ASA-punte, byeenkoms- en Bolandrekord; gewigstoot, 13.73m 927 ASA-punte, byeenkoms- en Bolandrekord; diskus, 38.68m 958 ASA-punte, byeenkoms-rekord).
Stephanie Smit (beste o.14-atleet, diskus, 31.15m 918 ASA-punte) en Nicolene Ras (beste o.19-atleet, diskus, 35.79m 838 ASA-punte, byeenkoms-rekord; spiesgooi, 34.94m 722 ASA-punte; gewigstoot, 11.54m 893 ASA-punte).
La Rochelle blink nie net uit met atletiek nie. Twee van hul leerders het al groot opslae gemaak met gimnastiek op plaaslike en international vlak.
Christy Nell & Eugenie Lamprecht is beide gimnaste van die Wynland Gimnastiekklub & leerders by La Rochelle.
Christy se liefde vir Gimnastiek het begin toe sy as kleuter deelgeneem het aan Monkeynastics. Sy het as graad 3-leerder (vlak 2) aan kampioenskappe begin deelneem.
Haar oupa het ook vir die WP gimnastiek gedoen en Christy glo dis waar haar gimnastiektalent vandaan kom.
Sy oefen (6 dae per week) daagliks 3 – 4 uur en as kompetisies naderkom selfs langer! Christy is veral lief vir tuimelwerk, maar neem deel aan al 4 apparate nl. Spronge, brug, vloer en balk.
Christy is verlede jaar aangewys as die sportvrou en beste nuweling van die jaar by die Boland Sport Council Awards. Sy was ook genomineer as Senior Sportvrou van die jaar vir die Weskaap se Sport Toekennings.
Christy het in 2012 ‘n algehele 2de plek in die Suid-Afrikaanse kampioenskappe verower, tesame met 4 apparaat medaljes. Na afloop van hierdie kompetisie word Christy opgeneem in die Suid-Afrikaanse pre-junior span wat SA verteenwoordig in die Rushmoor Rosebowl Internasionale Kompetisie in Engeland. Hier presteer hulle ongelooflik en verower ‘n brons medalje.
Christy is tans besig om hard voor te berei vir die 2013 kompetisie seisoen wat begin Mei afskop. Sy sal in die Junior Olimpiese afdeling kompeteer.
Eugenie en Christy oefen in dieselfde groep en oefen reg deur die jaar hierdie lang ure, aangesien gimnastiek nie net ‘n seisoen sport is nie. Hierdie 2 gimnaste sit ure se opoffering, harde werk en toewyding daagliks in om hierdie pragtige prestasies te kan behaal.
Eugenie Lamprecht het in 2012 aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe deelgeneem en ‘n algehele derde plek verower, tesame met 3 apparaat medaljes.
Na afloop van hierdie kompetisie word Eugenie gekies vir die Senior Sone 6 span om SA te verteenwoordig teen 6 ander Afrika lande.
Eugenie het verskeie medaljes ingepalm by die Sone 6 internasionale gimnastiekkampioenskappe wat gedurende die Desember-vakansie in Pretoria aangebied is.
Eugenie het het brons op brug, silwer op spronge en goud op vloer en balk verower. Sy is toe ook aangewys as die algehele Sone 6 kampioen in die senior afdeling met algeheel goud!
Linda Nieuwoudt van die Wynland Gimnastiekklub sê Eugenie het in ’n baie strawwe kompetisie deelgeneem en is ’n waardige Sone 6-kampioen.
Eugenie se sussie, Monique het ook deelgeneem aan die kompetisie waar sy in die mini-trampolien pre-juniorspan deelgeneem het en ’n silwer medalje verower met die SA-span wat goud gewen het.
Die Lambecht-susters het altesaam vyf goue, twee silwer en een bronsmedalje gewen het.
Bronne: Paarl Post, Martinette & Linda Nieuwoudt (082 595 1255) van Wynland Gymnastiekklub